Kabinet gee groen lig vir ontsoutingsaanleg
Kabinet gee groen lig vir ontsoutingsaanleg

Kabinet gee groen lig vir ontsoutingsaanleg

Die kabinet het die nasionale watervoorsiener en die finansminister opdrag gegee om 'n gedetailleerde finansieringsplan aan die kabinetskomitee oor die staatskas vir goedkeuring voor te lê.
Dani Booysen
NamWater het verlede Dinsdag toestemming van die kabinet ontvang om beleggers te nader vir die voltooiing van die volgende fase van die oprigting van 'n ontsou­tingsaanleg wat water aan die sentrale kusgebied en Windhoek sal lewer.

Verbruikers tussen die kus en hoofstad sal ook by die projek baat.

Die ontsoutingsaanleg moet ook in die mynbousektor se groeiende behoeftes voorsien.

Dit sal ook tydens ontsouting 250 megawatt se elektrisiteit opwek.

'n Volhoubaarheidstudie vir die projek is onlangs voltooi.

Die kabinet het die ministerie van ­finansies se eenheid vir openbare-­private-vennootskappe (PPE's) versoek om saam met NamWater te werk om die nodige finansiering te ontsluit.

Sodra die proses afgehandel is, moet 'n gedetailleerde finansieringsplan aan die kabinetskomitee oor die staatskas vir goedkeuring voorgelê word.



RAMP- EN RISIKOBESTUUR

Die kabinet het verder die beraad­slagings en uitkomste van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen­skap (SADC) se vergadering in Mei vanjaar gesteun, waaraan ministers wat verantwoordelik is vir ramp- en ­risikobestuur deelgeneem het.

Dit onderskryf die integrasie van inisiatiewe vir die bestuur van ramp­risiko's en planne om die beste praktyke in die aanvaarde maatreëls van die Direktoraat ramp- en risiko­bestuur in die kantoor van die eerste minister te akkommodeer.

Die kabinet het ook die ­magtiging van die hersiene multilaterale ­monetêre ooreenkoms van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (CMA) in die Nasionale Vergadering vir bekragtiging deur die minister van finansies goedgekeur.

Dít na aanleiding van 'n verslag oor die uitkomste van die vergadering tussen die ministers van finansies en die sentrale bank se goewerneurs van die CMA wat verlede maand plaasgevind het.

Die CMA verbind Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Eswatini tot 'n monetêre unie.– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!