Kabinet kom belastingbetalers tegemoet
Kabinet kom belastingbetalers tegemoet

Kabinet kom belastingbetalers tegemoet

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ‘n Vroeë Kersfeesgeskenk vir belastingbetalers wat agterstallig is met hul belastingbetaling, is vandeesweek deur die Kabinet goedgekeur.
Op die besluitnemingsvergadering van die Kabinet Dinsdag, is die tesourie opdrag gegee om boetes en rente op uitstaande belasting ter waarde van N$19 miljard af te skryf.
Dit sal meebring dat die minister van finansies artikel 16(1)(c)(x) van die wet op staatsfinansies in werking moet stel ten einde die tesourie vergunning te gee om die belastingskuld af te skryf.
Om vir die afskryf van agterstallige boetes en rente te kwalifiseer, sal belastingbetalers en voorlopige belastingbetalers, wat in die verlede versuim het om hul rekening aan die staatskoffers te vereffen, by die ministerie van finansies moet aansoek doen.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer