Kabinet wil lewens verbeter
Die kabinet het die toepassing van ingrypings goedgekeur om Namibiërs, en veral kwesbare Namibiërs, se lewensgehalte te verbeter.
Dié stap is die gevolg van ? opname oor lewensbestaan en kwesbaarheid wat in April en Mei vanjaar gedoen is.
Dit behels dat voedselhulp aan 146 047 huishoudings voortgaan, wat uit 712 138 individue bestaan.
Ook moet die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die ministerie van landbou, water en bosbou voortgaan om voeding in Namibië te verbeter.
Die analise en monitering van lewensgehalte en kwesbaarheid moet gedesentraliseer word na streek- en plaaslike owerhede.
Die voorsiening van water en sanitasie moet deur streekrade en plaaslike owerhede behartig word.
Verdere ingrypings sluit in dat die gesondheidsministerie sy gemeenskapsgesondheidswerkers moet oplei om wanvoeding in veral kinders onder vyf jaar te kan identifiseer, en om inligting oor voeding te kan voorsien.
Die ministerie moet ook goeie praktyke bevorder om kindersorg en voeding te verbeter.
In tye van rampspoed moet die eerste minister se kantoor leiding met kosverskaffing neem.
Op die lange duur moet maatskaplike beskerming versterk word, bekostigbare veevoer ontwikkel word en landbounavorsing oor onder meer klimaatsverandering uitbrei.
Die ministerie van landbou, water en bosbou moet met die omgewingsministerie saamwerk om waterbesparing en doeltreffende watergebruik te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie