Kabinetskok: Banke daal verder
Kabinetskok: Banke daal verder

Kabinetskok: Banke daal verder

Banke het 'n strawwe aanslag ná die kabinetskommeling in Suid-Afrika verduur, terwyl kleinhandelaars en ander finansiële aandele ook deurgeloop het.
Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Bankaandele het gister verder geval – met FirstRand en Stan­dard Bank wat albei sterk laer is.

Dit volg ná Vrydagoggend se paniekverkope ná Donderdag se middernagtelike kabinetskommeling.

Die twee banke het albei aanvanklik meer as 3% gedaal, maar later effens herstel.

Die indeks van bankaandele is amper 2% laer.

Simon Hobday, hoof van verhandeling van Sinayo, het in 'n nuusbrief gisteroggend gesê die “Jacob-effek het die JSE Vrydag getref, die rand swakker gestuur en verwagtinge oor 'n afgradering deur die dak laat skiet”.

“Die banke het 'n strawwe aanslag verduur en meer as 6% verloor, terwyl kleinhandelaars en ander finansiële aandele ook gevolg het.”

Die indeks van algemene kleinhandel is ook meer as 1% laer.

Dit is in teenstelling met die indeks van die top 40-aandele wat 0,8% hoër is en die indeks van alle aandele wat 0,7% op is.

Bankaandele word afgetrek as daar sprake van 'n afgradering is omdat hulle daarna ook afgegradeer word.

Kleinhandelaandele het weer baie buitelandse beleggers.

Truworths het gister 2,7% en die Mr Price-groep 2,3% gedaal.

Anchor Capital het gesê die markte het Vrydag laer gesluit ná die besluit van pres. Jacob Zuma om die minister van finansies, Pravin Gordhan, af te dank en hom met Malusi Gigaba te vervang.

“Markdeelnemers glo 'n afgradering kom te midde van die blywende politieke chaos.

“Banke en kleinhandelaandele is onder die grootste verloorders.”

Vrydag het Nedbank en Barclays Africa elk meer as 7% gedaal en Standard Bank met 6,5%.

Die kleinhandelaandele van Foschini en Mr Price het onderskeidelik 6,4% en 5,3% gedaal.

Avior het gisteroggend in 'n nuusbrief gesê die impak van die besluit om Gordhan af te dank “syfer” nog deur na die mark toe, wat probeer om die finansiële impak te verteer, met die meeste beleggers wat glo dit is “finansiële selfmoord”. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!