Kaboel-aanval Isis se handewerk
Isis het verantwoordelikheid aanvaar vir die bomaanval Maandagoggend vroeg in Kaboel, Afganistan, waarin nege lede van die media dood is, die een ’n veteraan-fotograaf van die Franse nuusdiens Agence France-Presse (AFP).
Die lede van die media is dood toe hulle na die toneel van ’n bomontploffing is, en ’n selfmoordbomaanvaller, wat homself as ’n lid van die media voorgedoen het, ’n tweede bom laat afgaan het. Lede van die nooddienste en joernaliste was die teikens van dié bom.
Altesaam 29 mense is in die ontploffings dood en nog 49 beseer.
Jennifer Glasse, wat vir AlJazeera in Kaboel werk, het gesê dit is die ergste aanval tot nog toe op die Afgaanse media.
Die bomaanval het naby die kantoor van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie plaasgevind.
Verlede Maandag is 57 mense dood en meer as 100 beseer toe ’n bom by ’n kiesersregistrasiesentrum ontplof het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie