Kaboel-bom: Taliban aanvaar verantwoordelikheid
Kaboel-bom: Taliban aanvaar verantwoordelikheid

Kaboel-bom: Taliban aanvaar verantwoordelikheid

Die slagoffers van die ­bomontploffing in Kaboel was meestal Afgaanse burgers gewees.
Die dodetal ná die ontplof­fing eergister in Kaboel van 'n kragtige bom wat in 'n riooltenkwa versteek was, het tot minstens 80 gestyg.

Honderde is beseer en skade is aan ambassades en ander geboue aangerig.

Die slagoffers blyk hoofsaaklik Afgaanse burgers te wees.

Die bom, een van die ­dodelikste tot nog toe in Kaboel, het ­naby die ingang van die ­gefortifiseerde ingang van die Duitse ambassade ontplof enkele dae ná die begin van die heilige maand Ramadaan.

'n Afgaanse veiligheidswag van die ambassade is een van die ­oorledenes en personeel­lede van die ambassade is beseer, het Sigmar Gabriel, Duitse minister van buitelandse sake, bevestig.

'n Woordvoerder van die Duitse departement van buitelandse sake sê dit is onbekend wat die bom se teiken was.

Volgens Basir Moedjahid, woordvoerder van die stadspolisie, was die plofstof in 'n riooltenkwa versteek.

Hy sinspeel daarop dat die Duitse ambassade waarskynlik nie die teiken van die ontploffing is nie.

“Daar is ook verskeie ander belangrike geboue en kantore daar naby,” sê hy.

Die ontploffing, wat ruite ­versplinter en deure van huise uit hul kosyne geruk het, was baie sterk.

Teen Woensdagmiddag laat het niemand nog verant­­woorde­likheid vir die aanval aanvaar nie.

Die Moslem-fundamentalistiese Taliban, wat die land regeer het totdat sy bewind in 2001 deur Amerikaans geleide troepe omvergewerp is, het verantwoordelikheid vir die aanval ontken en sê hy veroordeel aanvalle sonder 'n wettige teiken en waarin burgerlikes sterf.

Die Navo-geleide ondersteuningsending in Kaboel sê die Afgaanse veiligheidsmagte het gekeer dat die voertuig waarin die bom versteek is die beskermde Groen Sone binnegaan. Talle buitelandse ambassades is in dié sone.

'n Woordvoerder van die departement van openbare gesondheid het bevestig dat minstens 80 mense dood en meer as 350 beseer is.

Intussen het 'n Duitse amptenaar bevestig dat Duitsland vlugte na Afganistan met gedeporteerde asielsoekers aan boord in die volgende paar dae gaan staak.

Duitsland het in Desember groepe Afgane begin deporteer in 'n poging om te wys dat hy ontslae sal raak van diegene wat nie vir vlugtelingstatus kwalifiseer nie.

Skade is aan die Franse, die Turkse en die Chinese ambassade aangerig, het dié drie lande bevestig.

Die BBC sê een van sy voertuigbestuurders, 'n Afgaan, is dood toe hy joernaliste werk toe geneem het. Vier joernaliste is beseer en in die hospitaal opgeneem.

Die bomaanval is weer eens 'n bewys dat Ramadaan, wat die naweek begin het, nie sommer 'n verposing van die geweld in Afganistan sal beteken nie. –Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!