Kafee maak plek vir ou bekende op Swakop
Die Lighthouse-groep het met konstruksiewerk aan 'n nuwe restaurant op Swakopmund begin. Die Strand Café, wat by die Mole geleë is, word tans in 'n 'nuwe' Lighthouse-restaurant omskep. Volgens die hoof uitvoerende beampte van die groep, mnr. Quinton Liebenberg, sal die projek vanjaar voltooi word. “Ons is opgewonde om nuwe lewe aan die Lighthouse-restaurant te gee en weer vir ons inwoners 'n bekostigbare familierestaurant by die strand te bied,” het hy gesê. Foto Jessica Botes
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie