Kahimise verloor eerste ronde
Windhoek se geskorste baas moes gister sy wonde ná ’n hofnederlaag lek.
font face="Verdana" >
Denver Kisting – Waarnemende regter Collins Parker het gister om 12:28 in die hoërhof gelas mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, se skorsing bly van krag.
Regter Parker was van mening dat nóg die beweerde finansiële verknorsing nóg die beweerde skade aan Kahimise se beeld is voldoende gronde vir dringendheid.
Die volledige uitspraak het ongeveer drie minute geduur.
Dít kom nadat mnr. Patrick Kauta gisteroggend namens Kahimise betoog het hulle het dié hof genader, omdat dit die enigste liggaam tot hul beskikking was om uitspraak oor dringendheid te lewer.
Volgens Kauta het sy kliënt nie vir die Windhoekse stadsraad (CoW) se aanbod om sy salaris te betaal, geval nie.
Kauta het gesê daardie aanbod is in elk geval onregmatig, omdat die besluit tydens ’n onregmatige vergadering geneem is.
Enige besluit wat op daardie platform geneem is, kan nie afgedwing word nie, het Kauta gesê.
Die prokureur het eweneens volgehou Kahimise ly as gevolg van CoW se optrede jeens hom finansiële ontbering.
Kauta het klem daarop geplaas dat die beweerde onregmatige skorsing Kahimise se basiese regte skend.
Dit regverdig opsigself reeds ’n dringende aansoek, het hy aangevoer.
Hiernaas is Kahimise nie die geleentheid gebied om sy kant van die saak te stel voor hy in die pad gesteek is nie, het sy prokureur gesê.
Kauta sê CoW het die besluit om Kahimise te skors in weerwil van ’n aanbeveling deur sy interne regsverteenwoordiger geneem.
Al dié omstandighede het Kahimise sy reg op ’n regverdige skorsing en verhoor ontneem, het Kauta voorts gesê.
Advokaat Phillip Barnard het in opdrag van die prokureur mnr. Frank Köpplinger namens CoW en 11 van sy raadslede aangevoer Kahimise probeer tugstappe ontwyk.
“Ek het nie geweet in politieke aangeleenthede is die beste manier van verdedig om aan te val nie. Dié is niks anders as ’n aanval om tugstappe te vermy nie.”
Hulle aanvaar nie die bewering dat Kahimise finansieel swaar kry nie, sê Barnard.
Hy het gesê twee maande – die oorblywende skorsingstydperk – kan nie vir Kahimise in bankrotskap dompel nie.
Die regsman wou weet hoekom Kahimise nie een van sy spogmotors of van sy lewende hawe van die hand sit of ’n aanvullende oordrag by die bank bekom as dit waar is dat hy so swaar kry nie.
“Dié is ’n dreigement om die wiele van die reg te keer.”
Voor CoW se aanbod om wel intussen sy volledige vergoeding te betaal, was dit in elk geval net Kahimise se basiese salaris wat opgeskort was.
Hy het steeds al sy byvoordele ontvang, het Barnard gesê.
Sou hy uit die staanspoor gevra het dat sy basiese salaris nie opgeskort moes word nie, sou CoW dié versoek eerbiedig het.
Volgens hom moes Kahimise die omstandighede wat ’n dringende aansoek noodsaak breedvoerig uiteengesit het.
Daarnaas moes hy ook die redes uitgelig het hoekom hy nie kon wag op die gewone arbeidsgeding om afgehandel te word nie, het Barnard gesê.
Wat ook in gedagte gehou moet word, is dat ’n mens uiteindelik jou hele besoldiging verloor wanneer jy afgedank word, sê Barnard.
’n Effense aanpassing aan ’n rojale lewenstyl is nie die einde van die wêreld nie, het hy gesê.
Alle raadslede is dit ook eens dat Kahimise beslis aan ’n tugverhoor onderwerp sal word, het Barnard benadruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie