Kai Rust se borgtoguitspraak uitgestel
Kai Rust se borgtoguitspraak uitgestel

Kai Rust se borgtoguitspraak uitgestel

Hof benodig verdere mediese verslag
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die borgtoguitspraak in die saak van mnr. Kai Rust, wat aangekla is van moord ná die dood van ''n vermeende stroper, is Vrydag deur landdros Masule Kwizi in die Okahandja- landdroshof uitgestel.

Die verrigtinge om die uitspraak te kry in wat deur Rust se suster, me. Imke Rust, as “''n lang uitgerekte borgtogaansoek” beskryf is, het Vrydag stadig begin. Die rede hiervoor was polisiebeamptes se versuim om Rust vroeër verlede week na ''n doktor van die staat se keuse te neem sodat die landdros ''n tweede opinie kon verkry in verband met Rust se mediese toestand. Hy is eers Vrydag, die dag van die uitspraak, vir die ondersoek geneem.

In die derde borgtogaansoek in hierdie saak voer Rust se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, aan dat Rust op mediese gronde borgtog behoort te kry omdat Rust hartprobleme in aanhouding ontwikkkel het en daar ''n werklike risiko bestaan dat hy ''n hartaanval sal kry en nie betyds mediese hulp sal ontvang nie.

“Ons wil die uitspraak vandag hê, ons wil nie wag totdat die beskuldigde aan ''n hartaanval sterf nie,” het Wessels die regter versoek. Rust het ook ''n spesiale dieet nodig. Die feit dat Rust se bejaarde vader nie alleen die plaas kan behartig nie, is ''n verdere pleit in sy borgtog­aansoek.

Nadat die tweede doktersverslag teen 11:00 op Vrydag aan die hof beskikbaar gestel is, het die landdros besluit dat hy nie sy uitspraak kan lewer voordat ''n verdere opinie van ''n hartspesialis verkry word nie. Die uitspraak sal op 4 November gelewer word ten spyte daarvan dat die landdros onderneem het om dit te lewer voordat hy op 14 Oktober op studieverlof sou gaan.

Rust (44) is steeds in aanhouding by die Okahandja-polisiekantoor nadat hy op 27 Januarie in verband met die dood van ''n vermeende wildstroper, mnr. Andreas Ukandanga, in hegtenis geneem is. Ukandanga het dieselfde dag van beserings as gevolg van ''n koeëlwond op die plaas van Rust se vader naby Okahandja gesterf.

Wessels het in Rust se borgtogaansoek wat vroeër vanjaar in die hoërhof deur regter Dinnah Usiku afgewys is, betoog dat Rust nie enige mense op die toneel gesien het toe hy ''n skoot op ''n hond afgevuur het nie en dat die Ukandanga per ongeluk doodgeskiet is. Hy het ook aangevoer dat daar ''n goeie aanduiding uit die aard van die besering van Ukandanga is dat hy deur ''n opslagkoeël getref is.

Me. Kaundi Nangombe het die staat verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!