Kaktus en klei

Lloyd Zandberg
Die die Kaapse pottebakker Uschi Hallwachs bied CACTII & CLAY aan.

Sy gebruik plante, kaktusse en vetplante as bron van inspirasie. Sy streef altyd daarna om haar potte na die binnekant van ’n plant te laat lyk. Die plant en die pot vorm ‘n geheel.

Elke pot is oorspronklik en uniek, net soos die pot se bewoner - die kaktus.

Hallwachs maak gebruik van swaar lae klei vir die groter stukke en 'n swart, gladde klei vir haar ronde vorms.

In hierdie reeks werke kombineer sy sentriese wielwerk, waarvoor sy baie lief is, met organiese handskeppings.

Glasuurwerk word op baie subtiel gedoen en weerspieël dikwels die kaktus se kleure.

Vir hierdie uitstalling het die Project Room met ander kaktus-liefhebbers saamgewerk.

Jansie van Zyl van Mariental het sy kundigheid ingespan om die kaktusse in die potte te plant.

Die kunstenaar

Uschi Halwachs is in Afrika gebore, maar het in Duitsland, in die onstuimigheid van die Tweede Wêreldoorlog, grootgeword. Op 'n jong ouderdom het sy na Suid-Afrika teruggekeer en woon sedertdien daar.

"My liefdesverhouding met klei het in die vroeë sewentigerjare begin toe almal in pottebakkery belang gestel het. Dit was die inding.

“My jongste kind het begin skoolgaan en ek was soggens vry. Die plaaslike (destydse) Perm-bank het 'n advertensie in die venster gehad vir pottebakkeryklasse wat 'n vrou in haar motorhuis in Bryanston aangebied het.

“Terselfdertyd het 'n plaaslike plantkweker my 'n deeltydse werk as konsultant aangebied, aangesien my belangstelling in tuinbou en plante nog altyd groot was.

“Ek het op pottebakkery besluit. Ná my eerste klas het ek geweet dit was my ding.

“Die belangrikste vir my is altyd funksionaliteit.

“Ek het 16 jaar lank 'n stalletjie by die organiese Waldorf-mark in Bryanston bestuur wat pottebakkery en Anin-borduurwerk verkoop. In 1996 het my man en ek Kaap toe getrek waar ek so dikwels werk as wat my energie, gesondheid en ouderdom toelaat.”

CACTII & CLAY sal op 18 Mei om 18:00 by die Project Room in Jennerstraat 32, in Windhoek-Wes, open.

Die Project Room is Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 19:00 oop en Saterdae van 10:00 tot 19:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!