Kaktusse hou nie vakansie
Windhoek se vrywillige kaktusbestryders het hulp met die verwydering van dié plante nodig.
Tanja Bause - Sedert die begin van die reënseisoen het die kaktusplaag in en om Windhoek vererger.
Volgens me. Gunhild Voigts, stigter van Cactus Clean-Up, is kaktusse nie inheems aan Namibië nie, maar 'n plaag wat inheemse plantegroei bedreig.
Dít omdat kaktusse droogtes kan oorleef en ná 'n paar druppels reën vinnig groei en versprei.
“Die kaktusse wat gelyk het of hulle weens die droogte gevrek het, het ná die eerste reëndruppels weer kleur gekry en begin groei. Dit is ongelooflik geharde plante wat slegs deur vergiftiging beheer kan word, of deur dit uit te kap. Gif behoort nie die eerste opsie te wees nie, want die oorblyfsels daarvan beland in die grondwater of in die Goreangabdam.”
Volgens Voigts het talle nuwe kaktusse opgekom wat uitgekap moet word.
“Ons moet hulle nou uithaal en nie wag tot die wortels gevestig is en die plante groot is nie. Ook moet ons alle plante verwyder voor hulle saad maak en versprei, want dan is ons weer waar ons was toe ons vier jaar gelede met die stryd teen kaktusse begin het,” sê sy.
Gedurende die vakansie het Voigts en haar man, Friedhelm, kaktusse met die hand uitgekap.
“Kaktusse gaan nie met vakansie nie – veral nie as dit gereën het nie. Die manne wat ons gewoonlik help, kan ons nie op die oomblik betaal nie, want die bankrekening is leeg. Mense wil nie kaktusse verniet uithaal nie.
“Ons benodig dringend vrywilligers wat bereid is om ons op 'n Saterdagoggend te kom help kaktusse verwyder voordat hulle weer oorneem. Ons benodig ook skenkings sodat ons kaktusbestryders wat langs die pad sit en werk soek, kan aanstel en betaal,” sê sy.
Verlede jaar is twee soorte insekte vir die eerste keer in 30 jaar in Windhoek vrygelaat om twee van die ergste soort indringerkaktusse biologies, effektief en omgewingsvriendelik te beheer.
Dié biologiese beheeragente is natuurlike vyande van kaktusse, wat uit Amerika afkomstig is.
Die insekte vreet die kaktusse, wat dan stadig vrek. Hulle kan nie ander plante vreet nie, so wanneer die kaktusse vrek, vrek die insekte ook.
Beide insekspesies is al in Australië en Suid-Afrika vrygelaat en het die indringerkaktusse suksesvol beheer.
“Ons kan nie nou ophou nie. Altesaam 23 verskillende indringerkaktusse is in en om Windhoek geïdentifiseer.
“Die insekte help nou eers die twee grootste sondebokke bekamp en ons help hulle,” sê Voigts.
Vanjaar sal nóg biologiese beheeragente na verwagting vir ander kaktussoorte vrygelaat word.
Lede van die publiek wat die kaktusbestryders wil ondersteun of by hulle wil aansluit, kan Voigts by 081 208 5747 kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie