Kalahari Anib Lodge in Hall of Fame
Kalahari Anib Lodge in Hall of Fame

Kalahari Anib Lodge in Hall of Fame

Gondwana Collection Namibia het onlangs aangekondig die wenner van TripAdvisor se Sertifikaat van Uitnemendheid Hall of Fame is Kalahari Anib Lodge.

Dié lodge het vir die Hall of Fame gekwalifiseer omdat hulle die afgelope vyf jaar reeds sertifikate van uitnemendheid ontvang het.

Die toekenning vier uitnemendheid in die gasvryheidsbedryf.

Dit word slegs aan instansies toegeken wat oor ’n tydperk van 12 maande voortdurend goeie resensies van reisigers op TripAdvisor ontvang het.

“Eerstens moet ons die lodge se werkers en bestuur vir hul volgehoue pogings bedank om ons gaste gemaklik en tuis te laat voel,” het mnr. Bernd Grahl, Gondwana Collection se aanlyn bemarkingsbestuurder, gesê.

“Om in TripAdvisor se Hall of Fame opgeneem te word, maak die hele Gondwana-span baie trots. Ons wil graag al ons gaste hartlik bedank wat tyd daaraan afgestaan het om ’n resensie by TripAdvisor in te vul.”

TripAdvisor is waarskynlik die wêreld se grootste aanlyn reistuiste en ’n waardevolle bron van inligting vir reisigers.

Webwerwe met die TripAdvisor-handelsmerk is deel van die wêreld se grootste reisgemeenskap met 455 miljoen mense wat meer as 7,5 miljoen akkommodasieplekke, lugrederye, restaurante en aantreklikhede maandeliks besoek.

Die tuiste is in 49 lande wêreldwyd beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!