Kalahari Anib Lodge: Kalahari-juweel

Kalahari Anib Lodge, van Gondwana Collection, is in die rooi duine van die Kalahari-woestyn en is ook vir 2019 se Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA) ingeskryf.

Niks voel so lekker soos sagte Kalahari-sand onder jou voete nie, of om jou bene op die staproetes om die lodge te oefen nie.

Op dié roetes moet jy jou oë vir springbokke, sebras en wildebeeste oophou.

Ontdek die Gondwana Kalahri Park met 'n skemerrit en vier die lewe op 'n rooi Kalahari-duin.

Drink die skoonheid van die Kalahari in, waar gemsbokke floreer en reuse-versamelneste in kameeldoringbome jou asem wegslaan.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering deur Eco Awards Namibia het Kalahari Anib Lodge baie goed gevaar en hoë punte in al die 10 afdelings verwerf.

Finaliste vir RTA 2019 sal in Maart aangekondig word en die wenners sal in Junie tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!