Kalahari-Oos ploeg wins terug in gemeenskap
Ouetehuise, kinders kry skenkings
Francoise Steynberg - Kalahari-Oos Boerevereniging (BV) wat verlede jaar as die kampioen van die NLU Agri-braaikompetisie gekroon is, het 'n groot som geld in die gemeenskap teruggeploeg.
Kalahari-Oos het as wenners van 2017 die NLU Agribraai vanjaar die braaikompetisie op Gobabis aangebied en dit was 'n reusesukses. Dié boerevereniging in die Omahekestreek het besluit om 'n gedeelte van sy wins aan vier liefdadigheidsorganisasies te skenk.
Huis Deon Louw op Gobabis het N$15 000 ontvang, die Light for the Children-trust (LftC) N$7 500 en die Epako-ouetehuis en Huis Maerua in Windhoek N$3 800 elk.
Huis Deon Louw het tans 78 inwoners en voorsien deur sy Helpmekaar-fonds help in die noodsaaklike behoeftes van bejaardes deur onder meer doeke of mediese versorging te verskaf.
Die Light for the Children-trust is 'n projek vir straatkinders op Gobabis. Die trust versorg tans 200 kinders van voorskoolse ouderdom, van wie 42 weeskinders is. In 1999 het me. Isabella Blazer met die projek vir straatkinders begin. Deur die jare het sy al hoe meer ondersteuning gekry en vandag is sy die projekbestuurder.
LftC werk in vennootskap met STEPS wat skoolgaande kinders ondersteun. LftC het intussen 'n sterk ondersteuningspilaar vir die gemeenskap van die Epako-woonbuurt geword.
Kalahari-Oos het N$7 500 in die trust se rekening by Omaheke Megasave inbetaal is sodat hulle voedsel kan koop.
Die Epako-ouetehuis het tans 14 inwoners en daar is besluit om die skenking van N$3 800 vir matrasse aan te wend. Dit was egter nie genoeg nie en die BV-lede Marie Beukes, Andries van Vuuren en Mario en Karin Metzger het die res geskenk sodat elke inwoner 'n matras kon kry.
Huis Maerua, 'n kinderhuis in Windhoek, sal die skenking van N$3 800 vir sy sakgeldfonds aanwend. Die sakgeld van die kinders beloop N$1 500 per maand.
Die wenners van 2018 se NLU Agri-braaikompetisie is Kaisertstraat BV. Hulle sal op 29 en 30 Maart 2019 die Windhoek Braaifees by die Hage Geingob-stadion aanbied.
'n Groot makietie word beplan met plaaslike en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Bok van Blerk, Robbie Wessels, Karlien van Jaarsveld, Die Broers en Die Campbells wat gaan optree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie