Kalahari se water in die gedrang
Een van Namibië se bekendste geoloë is uiters bekommerd oor die gevolge van ‘n soektog na uraan in die Hardap-Kalahari wat al ‘n dekade sonder slag of stoot voortduur.
Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik besmet en besoedel word.”
Aan die woord is dr. Roy Miller, bekende geoloog en voormalige direkteur van die Geologiese Opname in Namibië (GSN) by die ministerie van myne en energie.
Miller sê hy het nog altyd die land as ‘n mynboubestemming help bemark, maar die plan om uraan in die omgewing van Stampriet, Aranos en Leonardville te ontgin, kan hy nie in goeie gewete ondersteun nie.
Hy benadruk dat die water nie net deur Kalahari-boere in die omgewing gebruik word nie. Die watertafels van die Auob-formasie voorsien volgens Miller water aan mens en dier in die hele suid-oostelike Kalahari-woestyn – ‘n gebied groter as 60 000 vierkante kilometer.
Die gebied sluit dus dele van Botswana en Suid-Afrika in.
Volgens Miller het Headspring Investments, ‘n plaaslike onderneming wat uraan hier saam met Rosatom van Rusland wil ontgin, sedert 2011 te minste 1 000 toetsboorgate gesink. “Tog lyk dit nie of die staat bekommerd is nie.”
Hy is oortuig nie al die boorgate is behoorlik met sement opgevul en verseël nie. Van die chemikalië wat tydens eksplorasie gebruik word, het volgens Miller na alle waarskynlikheid reeds die akwifer bereik.
Ná onlangse openbare vergaderings het Miller se kritiek teen die mynbouprojek die afgelope Dinsdag ook in die Nasionale Vergadering gedraai.
Mnr. Nico Smit van die Popular Democratic Movement (PDM) wou van mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, weet of ondergrondse waterbronne bedreig word.
Smit het opgemerk dat hy verbaas was om te hoor dat Schlettwein tydens die bekendstelling van nuwe hidrologiese karate vir Namibië sy kommer oor die projek uitgespreek het.
“Kan u ons in die parlement en die mense van Namibië verseker dat hierdie toetse (prospektering) onmiddellik gestaak sal word?” wou Smit weet. “Sal u ook die waarborg gee dat die projek volgende plan nooit uitgevoer sal word nie?”
Smit het ook gevra hoe dit gebeur het dat Rosatom in 2011 toestemming gekry het om boorwerk in so ‘n sensitiewe grondwatergebied te doen. Hy wou weet of die ministerie en ander belangegroepe behoorlik toesig oor eksplorasie en die toemaak van boorgate hou.
Smit het Schlettwein gevra om ‘n verslag aan die huis voor te lê wat alle besluite en werk vanaf 2011 uiteensit. Die verslag moet ook risiko’s uitstippel.
Die minister van landbou sal na verwagting aanstaande Donderdag antwoorde verskaf.
Die GSN speel volgens Miller ‘n belangrike rol om minerale en geologiese bronne in die land te ontwikkel. Die bevordering van mynbou moet volgens hom altyd met respek vir die natuur geskied.
Miller het ook navorsing gedoen oor die megawatertafel in die verre Noorde, bekend as Cubango. Geologie en omgewingsbewaring is volgens hom twee sye van dieselfde munt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie