Kalahariwoestyn eis glo nog ’n slagoffer
Tanja Bause - ’n Man is gister dood ná hy in Katutura naby die ou enkelkwartiere deur lede van die teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn geskiet is.
Die voorval het om 10:45 op die hoek van Market- en Mungundastraat plaasgevind.
Die man, wat as Benisius Kalola (32) uitgeken is, is na die Katutura-staatshospitaal geneem waar hy omstreeks 13:30 aan sy wonde beswyk het.
Adj.komm. Abner Agas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het dit bevestig. Later gistermiddag het die polisie se amptelike woordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, gesê sy naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.
"Ondersoekbeamptes is steeds besig om die rede vir die skietery te ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie," het haar e-pos aan joernaliste gelui.
Op ’n stemgreep wat Republikein ontvang het, beweer ’n man die oorledene was besig om ’n video te neem.
“Hy het ’n video geneem, toe word hy gejaag, en toe hy nie wou stilstaan nie, word hy geskiet. Dit oor hy ’n video geneem het,” sê die man op die stemgreep.
Op ’n video wat die rondes in die sosiale media doen, kan gesien word die man lê in die straat terwyl omstanders op die randsteen oorkant die pad saamdrom.
’n Vroulike Namibiese weermag-(NDF)lid stap na waar die man lê.
Twee gewapende NDF-lede staan by die man.
Een neem die man aan die arm en draai hom op sy sy.
Eerste slagoffer
Vroeër vanjaar is ’n man tydens ’n Operasie Kalahariwoestyn-padblokkade in Katutura doodgeskiet.
Op 13 Junie het kpl. Gerson Nakale (38) van die NDF mnr. Fambauone Black, ’n Zimbabwiese taxibestuurder, na bewering tydens die padblokkade doodgeskiet.
Black het glo voor die padblokkade omgedraai en weggejaag.
Die blokkade is deur Nakale en ’n polisiebeampte beman toe die soldaat glo ’n skoot afgevuur het wat Black in die kop getref het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie