Kalahariwoestyn: Geen borg vir soldaat
Die staat het borgtog teengestaan omdat dit nie in die belang van geregtigheid is nie en weens die erns van die saak.
Elvira Hattingh - Die hof het gister beslis 'n lid van die teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn, mnr. Mulele Darrel Nyambe, kan nie op borgtog vrygelaat word nie en moet in aanhouding bly.
Nyambe het gister sy eerste hofverskyning in die Windhoekse landdroshof in Katutura op aanklag van moord gemaak.
Dít volg nadat Nyambe mnr. Benesius Kalola (32) verlede Donderdag omstreeks 10:45 glo ten tyde van 'n dwelmklopjag geskiet het.
Kalola het later dieselfde dag in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde beswyk.
Nyambe se saak is gisteroggend tot 29 Januarie 2020 uitgestel sodat hy regshulp kan bekom, asook vir verdere ondersoek.
Die staatsaanklaer, me. Victoria Likius, het borgtog teengestaan en aangevoer dit sal nie in die belang van geregtigheid wees nie, omdat die saak nog ondersoek word en weens die erns van die saak.
Landdros Atutala Shikalepo het Nyambe ingelig van sy reg op 'n formele aansoek om borgtog.
MEDIA VERJAAG
Die media het gister talle uitdagings in die hof ervaar.
Tydens verrigtinge kon verskeie lede van die media nie in die hof sitplek kry nie en moes hulle buite hof A-1 se deure staan.
Foto's mag nie van die beskuldigde geneem word toe hy sy eerste verskyning gemaak het nie, terwyl landdros Shikalepo reeds in die hof teenwoordig was.
Boonop is die hof se deure in 'n stadium toegemaak, met verskeie lede van die media wat uitgesluit is.
Verslaggewers het foto's van Nyambe probeer neem by die toonbank waar hy by die hof uitgeteken sou word, maar is deur 'n vroulike polisiebeampte beveel om uit te gaan, omdat “dit nie 'n plek is vir die media om te staan nie”.
Sy het lede van die media na buite geneem en die deure agter haar toegemaak.
Buite die hof het ongelukkige familielede van Kalola die media toegespreek.
Me. Laina Nekundi, wat sê sy is Kalola se tannie, het gesê buiten mnr. McHenry Venaani van die Popular Democratic Movement (PDM), het niemand van die regering tot dusver medelye aan die oorledene se familie betoon nie.
Lt.kol. Petrus Shilumbu, weermagwoordvoerder, wou gister nie sê oor watter range Nyambe beskik nie.
Hy het gesê Nyambe moet slegs genoem word soos wat daar na hom op die hofrekord verwys word.
Op hofrekords word hy slegs “beskuldigde 1, Mulele Darrel Nyambe” genoem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie