Kalahariwoestyn keer terug
Kalahariwoestyn keer terug

Kalahariwoestyn keer terug

Ondanks die lewe wat die operasie geëis het, meen die polisie die meeste beweringe oor gewelddadigheid hou nie steek nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan die tweede fase van Operasie Kalahariwoestyn deelneem, opleiding ondergaan.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gistermiddag in die hoofstad gesê die omstrede operasie wat onlangs die lewe van die 22-jarige mnr. Charlie Black geëis het, keer Maandag terug.

Volgens hom gaan die beamptes egter eers vir drie dae opgelei word.

Kanguatjivi het gister groot gewag gemaak oor hoe suksesvol Kalahariwoestyn en sy voorganger, Hornkranz, was.

Die senior polisiebeampte sê die enigste manier om misdaad suksesvol hok te slaan, is deur sulke gesamentlike operasies.

Die Namibiese polisie, die weermag, die stadspolisie, korrektiewe dienste en ander rolspelers, soos immigrasie- en doeanebeamptes, het almal tydens die eerste fases van die operasies kragte saamgesnoer.

Hulle sal ook by die nuwe been van die veldtog betrek word, het Kanguatjivi gesê.

Kanguatjivi sê daar was ’n duidelike toename in misdaadbedrywighede in die tydperke toe die operasies tydelik opgeskort is.

Hy kon egter nie statistiek verskaf oor die misdaadprentjie tussen 30 Junie toe Kalahariwoestyn se eerste fase ten einde geloop het en gister nie.

Korporaal Gerson Nakale (38), ’n lid van die weermag, is in aanhouding nadat hy glo vroeër vir Black doodgeskiet het.

Pres. Hage Geingob het onlangs tydens sy Zimbabwiese eweknie, pres. Emmerson Mnangagwa, se staatsbesoek vir die mense van Zimbabwe oor Black se skietdood om verskoning gevra.

Kanguatjivi het gister gesê die polisie se ondersoeke het tot dusver bevind beweringe van gewelddadigheid aan die hand van die owerhede is meestal bog.

Volgens hom het hulle bevind van die aantygings was ongegrond terwyl ander blote versinsels was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!