Kalender
Nou aan die gang:
Een aand, drie vertonings. Dit alles met net een kaartjie. The Bring down Windhoek Show vind vanaand by Ster-Kinekor in die Grove-inkoopsentrum plaas. Wees deel van die eerste vertoning van die fliek Guardians of the Galaxy 2 en geniet ‘n uit-die-maag-lag-sessie. Kaartjies sluit ‘n energiedrankie en ‘n skemerkelkie in. Vir meer inligting besoek Ster-Kinekor se webtuiste.
Die Okahandja Handel en Toerisme Ekspo begin vandag en duur tot môre. Dit word by die Okahandjapark-sokkerveld gehou en kaartjies kos N$20 vir volwassenes en N$5 vir kinders.
Night Under The Stars, met The Bogligamist, vind vanaand weer by die Goethe-instituut plaas. Die vertoning begin om 19;00 en toegang is N$20. Die kombinasie van kitaar, klavier en sy stem is goed genoeg om enige iemand in die gehoor aan die dans te kry. Gaan geniet ‘n aand van pragtige Afro-jazz en ‘n glasie rooiwyn. Vir meer inligting besoek die Goethe-instituut se webwerf.
Die Thuuthikeni-vlooimark is môre weer oop by die Gutenberg Plaza in Windhoek. Die mark begin om 10:00 en duur tot 17:00. Die mark is propvol tradisionele goedere. Onthou om die winskopies uit te soek. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na [email protected]. Toegang is gratis.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginners en gevorderde studente aan. Die kursus kos N$900. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou aan tot laataand. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die Goethe Institut, in samewerking met die Nasionale Galery, bied met trots The City - Becoming and Decaying aan. Dié foto-uitstalling is van 5 tot 28 April en het al dwarsoor die wêreld getoer. Van Meksiko en München tot Japan en Rusland. Die uitstalling is ’n versameling foto’s oor hoe die wêreld die omgewing afbreek in die strewe na rykdom, sekuriteit en vryheid.
Donderdag
» The Loft by die Warehouse bied elke Donderdag ’n jazz-musiekaand aan. Dit begin om 16:00 en hou tot laataand aan. Toegang voor 19:00 is gratis en daarna is dit N$30. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt-restaurant beskikbaar.
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdagaand om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien jy lief is vir sing en by hulle wil aansluit, kontak Erina Junius (dirigent) by 081 281 8620, of Markus van Jeney (voorsitter) by 081 124 2929 of [email protected].
» Die Jazz-Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie