Kalender 1 Junie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die jaarlikse Namibia Tourism Expo is tans by Windhoek se skougronde aan die gang. Heerlike vermaak vir die hele familie, tale uitstallers, regstreekse kookshows en verskeie ander lekkertes is te sien. Moenie hierdie jaarlikse hoogtepunt misloop nie. Die alombekende Republikein Bruidspaar van die Jaar-kompetisie se finale ronde vind ook tydens die ekspo plaas. Kaartjies is by die hekke beskikbaar. Hekke maak om 12:00 oop.

» Alex Bracht se nuwe solo-uitstalling is tans by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) te sien. Sy skilderye handel oor wat vir hom belangrik is en hy spreek alledaagse probleme deur middel van sy kuns aan. Deur die jare het Bracht sy merk in die kunsbedryf gemaak en sodoende bekendheid vir sy tegnieke behaal. Die uitstalling is tot 16 Junie te sien en toegang is gratis.

» Die Junie-weergawe van Night Under the Stars is hier. Dié keer word hip-hopkunstenaars Cassidy & Toufi, bekend as PARADOX, verwelkom. Vanaand sal PARADOX ‘n regstreekse akoestiese weergawe van hul oorspronklike snitte by die Goethe-Institut aanbied. Die show begin om 19:00 en kaartjies kos N$20. ’n Kontantkroeg is beskikbaar. Onthou ‘n warm jas.

» Die Rehoboth Cemetery Development Forum, ‘n gemeenskapsforum wat die opgradering en omheining van die begraafplase op Rehoboth ten doel het, bied Oanob-familiedag môre op Rehoboth aan. Verskeie plaaslike kunstenaars soos Major 7, Harald Kambrude, Elize Dentlinger, Shorty Beukes en ander bekendes sal ten bate van die fonds optree. Daar sal van 10:00 af verskeie stalletjies, speletjies, braaivleis, afval en koeldrank wees, maar die amptelike verrigtinge sal om 16:00 by Karl se Plot plaasvind. Toegang is slegs N$30 vir volwasenes en N$10 vir kinders.



Maandag

» Die Omba-galery, in samewerking met die JMAC (John Muafangejo Art Centre) bied ‘n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan. Dié uitstalling duur slegs vandeesweek. Vir meer inligting, besoek die Omba-galery se Facebook-blad. Die uitstalling is tans oop.

Dinsdag

» Sluit by die FNCC aan vir hul nuutse uitstalling getiteld Wakpon, le Museé fait le Mur. Hierdie innoverende projek wat deur die Zinsou Foundation en die Alliance Française van Gaborone gehou word, het ten doel om Afrika se kuns en kultuur toeganklik te maak. Die uitstalling en digitale projek maak die kunswerke van 43 Afrika-kunstenaars virtueel beskikbaar. Dit open vandag en toegang is gratis.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Woermannhaus-galery op Swakop bied Swakop Kaleidoskoop aan. Hierdie uitstalling bied ‘n kleurvolle blik op die kusdorp aan. Dit duur tot 30 Junie.



Woensdag

» Nataniël is weer in die land en tree vanaand en môreaand by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) op. Sy shows is baie gewild en kaartjies verkoop soos soetkoek. Indien jy belangstel, kan jy gerus jou kaartjie by www. computicket.com bespreek. Beide aande begin die shows om 19:00. Geen onder 15’s word toegelaat nie.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.

Donderdag

» Die Goethe-Institut bied hul volgende uitstalling aan. Beelde van konflik en samewerking is ‘n uitstalling wat hoofsaaklik uit metaalbeeldhouwerk bestaan en deur die kunstenaars Ismael Shivute en Mateus Alfeus geskep is. Die meerderheid van hierdie werke word uit herwinde materiale gemaak. Die kunstenaars poog om die dinamika van menslike interaksie te bewerkstellig wat konflik of harmonie tot gevolg het. Die Start Art-galery organiseer die uitstalling en dis tans tot 15 Junie oop.



» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om grense binne ’n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!