Kalender 1 September

Nou aan die gang

» Die Goethe-Institut bied vanaand weer ’n NUTS (Night Under The Stars) aan. Vanaand se kunstenaar is die bekroonde sanger en liedjieskrywer Percival Rinquest, beter bekend as Percy. Dit gaan ‘n vertoning van akoestiese klanke en harmonieë wees. Toegang kos N$20 en kaartjies is by die deur beskikbaar. Die show begin 19:00. Vir meer inligting, besoek die Goethe-Institut se webtuiste. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.

» Something Artsy nooi jou uit na ‘n skilder-en-wyn aand. Die aand vol gesels, lag en pret gaan vanaand by die Cosdef Arts & Craft Center op Swakopmund plaasvind. Jy het geen skilderervaring nodig om hierdie geleentheid by te woon nie. Kaartjies kos N$250 en sluit alle skildermateriaal en twee glase wyn in. Bespreek jou plek by www.today.com.na/events.

» Afrikamusiek- en kunsfees vind môre by Zoo Park in Windhoek plaas - ‘n eerste in sy soort. Namibiese kunstenaars gaan visuele sowel as musikale opvoerings op die planke bring. Kaartjies is by www.today.com.na/events beskikbaar teen N$200 vir volwassenes en N$30 vir kinders.

» Die FNB-restaurantweek is tans nog aan die gang. Die restaurantweek duur tot Woensdag. Gaan eet by een van die deelnemende restaurante en jy het die kans om ’n vakansie na Phuket, in Thailand, te wen. Besoek die Facebook-blad vir meer inligting hieroor.

Maandag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Dinsdag

» OOMS, ‘n komiese verhoogproduksie waarin Tobie Cronjé en Gerben Kamper die rol van twee knorrige ooms speel wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland, is vanaand by die Warehouse-teater. Hierdie is nie ’n gewone ouetehuis nie, dis eerder ’n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het, of uit ander instansies geskors is. Kaartjies is op www.today.com.na/events teen N$190 beskikbaar en by die deur teen N$220.



» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Kersfees in Julie is ’n uitstalling wat deur die Lacheiner-familie en Ikhobs moontlik gemaak is. Tradisionele kuns, Kerfeesdekor, speelgoed en geskenke vanuit Namibië en buurlande sal by die Omba-galery ten toon gestel word.

» Die Goethe-Institut, in samewerking met Hildegard Titus, bied met trots die solo-uitstalling, In Conflict, deur Jekonia Ndakola aan. Hierdie uitstalling gaan oor kontemporêre politieke kwessies en wrywing op die Afrikakontinent. Deur die gebruik van blikkies is dit baie meer as herwinning wat uitgebeeld word. Die kunstenaar vra ook die gehoor wat hierdie verbruikerskultuur hulle kos.



Woensdag



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Reënboog van emosies, ’n kunsuitstalling deur Jakobina Gideon, open vandag by die FNCC. Die werke wat uitgestal word, is meestal portrette oor menslike emosies. Dit is Jakobina se eerste solo-uitstalling. Besoek die FNCC se webtuiste vir meer inligting.



Vrydag

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!