Kalender 11 Mei

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Lezi Vincent tree vanaand om 19:00 by die Wolfshack op. Vincent het plaaslik roem vir sy oorspronklike melodieë en lirieke verwerf. Die Wolfshack bied ook ‘n verskeidenheid kos en boetiekbier aan. Toegang is gratis. Vir meer ingligting, besoek The Wolfshack se Instagram-blad.

» Sluit by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan vir hul nuutste uitstalling getiteld Wakpon, le Musee fait le Mur. Hierdie innoverende projek, wat deur die Zinsou Foundation en Gaborone se Alliance Francaise aangepak word, beoog om Afrika meer toegang tot kuns en kultuur te gee. Dié uitstalling en digitale projek stel 43 Afrika-kunstenaars se werke virtueel uit. Dit open vandag en toegang is gratis.

» Die Start Art-galery bied weer eens hul gewilde joga-klas aan. Dit vind môre van 10:00 tot 11:15 plaas. Bespreek vooraf aangesien plekke beperk is. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of skakel 081 831 6306. Die klas sal gebaseer wees op sagte vinyasa-joga en Gina Figueira, ’n YTT 200 gesertifiseerde instrukteur, sal dit lei. Bring jou eie jogamat. Die sessie kos N$120.

» Chantelle Meyburgh bied môre ‘n werkwinkel vir kinders aan om beter met diere te kommunikeer. Kinders tussen ses en 10 kan hierdie geleentheid bywoon en meer oor diere se geaardheid en habitat leer. Dit kos N$250 en sluit verversings in. Skakel vir Morné by 081 890 5967 vir meer inligting. Die werkwinkel is van 09:00 tot 13:00 en vind by die Avis-perdestalle plaas.



Maandag

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied Master Mind aan. Master Mind is ’n innoverende karton- en linoleum-drukwerkuitstalling deur Lok Kandjengo. Kandjengo put inspirasie uit sy omgewing, kultuur en sy herkoms. Hy vier die verskillende fasette van sy kultuur, lewenservaring en die Namibiese landskap. Elke kunswerk het ’n unieke drukstyl en kleurgebruik wat die kunstenaar oor die jare bemeester het. Die uitstalling duur tot 19 Mei en toegang is gratis.

» Plaaslike kunstenaar Kevin de Klerk se solo-uitstalling Shades of the Sun is tans by die Muschel in die Brauhaus Arcade op Swakopmund te sien. Hierdie uitstalling bestaan uit 10 skilderye met ’n landskaptema. Shades of the Sun duur tot 27 Mei en alle werke is te koop.

Dinsdag

» Sam Matengu bied The Black Light Portrait Party by die Goethe-Institut aan. Die werke in dié uitstalling behels die gebruik van ultravoiletlig. Ultravoiletlig is bekend daarvoor dat dit op daardie deel van die spektrum val wat moeilik waarneembaar is. Die uitstalling duur tot vandag. Besoek die Goethe-Institut se webtuiste of Facebook-blad vir besoektye en ander inligting.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.

Donderdag

» Die Namibiese-gebore Nianell tree vanaand om 20:00 by die Warehouse-teater op. Dit sal haar eerste konsert in baie jare in haar geboorteland wees. Kaartjies is teen N$300 by die deur of N$250 by Events Today beskikbaar en die vertoning begin om 20:00. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die eerste weergawe van die gewilde Free Your Mind-komedieaand wat deur die FNCC aangebied word, vind vanaand in die FNCC-teater plaas. Free Your Mind bly ‘n treffer op Namibië se vermaakkalender. Moet dit nie misloop nie. Toegang is N$50 aanlyn en N$70 by die deur. Deure open om 20:00.

» Die NAGN bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om grense binne ’n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!