Kalender 12 April
Nou aan die gang
» Die jaarlikse Barokfees vind vandag en môre by die Windhoek NG Moedergemeente plaas en word weer met trots deur die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO), in samewerking met die Kollege vir die Kunste (Cota), aangebied. Verskeie Namibiese soliste gaan musiek uit die Barok-tydperk saam met die NNSO onder leiding van Alex Fokkens en Fanie Dorfling uitvoer. Die bekende Vivaldi Magnificat sal saam met die Cota-jeugkoor uitgevoer word en ’n dubbele Bach-konstert vir viool is van die hoogtepunte op die program. Beide konsterte begin om 19:00, maar indien jy voor die tyd ’n lekker glas rooiwyn wil drink, is jy meer as welkom. Die Paaseier-projek is ook deel van die Barokfees. Hierdie program behels dat besoekers aan die Barokfees elk ’n Paaseier kan saambring, wat die NNSO aan kwesbare kinders sal oorhandig. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan [email protected].
» Die Amerikaanse Ambassade in Windhoek nooi die publiek uit om die Amerikaanse jazzkultuur met optredes deur The Myrna Clayton Experience, saam met Namibië se eie jazzlegende Suzy Eises te vier. Die groep se besoek aan Namibië is om Jazz-waarderingsmaand te vier en word moontlik gemaak deur die Amerikaanse Staatsdepartement se kunsuitvoeringprogram, wat die beste van Amerika se kunsgemeenskap met die res van die wêreld deel om kulturele begrip te bevorder. Die show is vanaand om 20:00 by die Warehouse-teater, maar moenie later as 19:30 opdaag nie. Toegang is gratis. Kaartjies is by die Amerikaanse Kultuursentrum op die derde vloer van die Sanlam-gebou of by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) en Warehouse-teater beskikbaar.
» Beat Street is terug en vat hande met die gewilde Ghetto Ballerina. Winter is amper hier en die manne van Beat Street is reg om jou op die dansvloer te laat sweet. DJ Soulfood en DJ Musketeer speel die beste ouskool hip-hop, R&B, soul, dancehall en Afrobeats. Ghetto Ballerina sal as spesiale gas by hulle aansluit. Die show begin om 20:00 in die Boiler Room by die Warehouse-teater. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na
» Die Salsa Windhoek Social Club bied die volgende straat- salsapartytjie by Cramer’s Ice Cream aan, waar die musiek kliphard, roomys onbeperk en die atmosfeer aansteeklik sal wees. Jy kan na die bachata, cha-cha, merengue en die hele Latynse dansboeket uitsien. Die geleentheid is gratis en begin om 19:00.
» Die gewilde Windhoek Pop-up Market is weer terug en vind môre van 15:00 tot middernag by die MegaCentre-parkeerterrein oorkant Grove Mall plaas. Dié gesinsvriendelike kultuurgeleentheid bied alles van dekor tot kos. Die keer trek die mark sy Asiese jas aan. Daar sal baie tradisionele stalletjies en vermaak wees, waar vriende en familie hulself in ’n veilige omgewing kan geniet.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling open môreoggend by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.
Dinsdag
» Creations is ’n uitstalling van die werk van Namibiese kunstenaars ter viering van 29 jaar van onafhanklikheid. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van die tradisionele kuns tot hedendaagse werk word uitgestal. Die doel is om ’n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars bande met mekaar kan smee. Creations is tot 3 Mei by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie