Kalender 12 Oktober
Nou aan die gang
» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied vanaand I am John – a Love story aan. Die produksie vier die lewe van die legendariese Namibiese kunstenaar, wyle John Muafangejo. Die werke van Muafangejo kry lewe deur middel van beelde, dans, toneelspel en musiek. Dié multimedia toneelstuk se regie is deur die alombekende Sandy Rudd behartig. Die show begin om 19:00 en kaartjies kos N$100 vir volwassenes en N$60 vir skoliere en pensioenarisse. Vir meer inligting, besoek die NTN se webtuiste.
» Die Protea Hotel by Marriott Furstenhof in Windhoek bied vanaand ’n Kaapse jenewerproe-geleentheid aan. Tydens die geleentheid word wonderlike kos- en gin-kombinasies bekend gestel. Die geleentheid begin om 17:00. Besoek die Protea Hotel se webtuiste vir meer inligting en toegangsfooie.
» Die Beat Street-seuns is terug! Jou twee gunsteling-hip hop DJ's is terug met nuwe musiek ná ’n welverdiende wintervakansie. Soos gewoonlik sal DJ Soulfood en DJ Musketeer jou die beste ouskool hip hop, funk, soul en RnB bied. Wat verander het, is die venue. Dit sal nou by die Nyama-restaurant plaasvind. Kaartjies kos N$50 en is by die deur te koop. Musiek begin om 20:00.
» Puppets of Peersville, ’n dansproduksie deur die H2E-dansmaatskappy, is op 26 en 27 Oktober in Windhoek by die Privaatskool Windhoek Gimnasium op die planke. Die produksie fokus op die vraag of ’n mens se waarde regtig deur sukses of mislukking bepaal word. Die verhaal volg drie vriende vriende, Poppy (Chanel Vermeulen), Penny (Robyn Norval) en Presly (Daniel Kuhlmann) wat op die oppervlak baie verskil, maar meer in gemeen het as wat hulle besef. Puppets of Peersville is geskryf en geregisseer deur Este Swarts (H2E Dance Company-eienaar en hoofafrigter) en is op die boek You are Special deur Max Lucado gebaseer. Kaartjies is teen N$100 per persoon by Talent House beskikbaar. Skakel 081 838 2171 vir meer inligting.
» Die Gin Room in Windhoek bied ’n Murder Mystery-aand aan. N$85 kry jou in en sluit 'n skemerkelkie in. Die speletjie begin om 17:30. Besoek Gin Room se Facebook-blad vir verdere inligting.
» Trustco Properties en Elisenheim Lifestyle Village Estate nooi jou en jou gesin uit om 'n heerlike someraand onder die sterre te spandeer en om ’n klassieke familiefliek te geniet. Onthou jou kampstoel, piekniekkombers en koelboks (met al die lekkernye wat jy wil eet en drink). Geniet ’n onvergeetlike fliekervaring teen Elisenheim se skouspelagtige agtergrond. Almal is welkom. Toegang is gratis. Die fliek begin om 19:00.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
Dinsdag
» Just Imagine Investment and Township Productions bied vir die eerste keer in Namibië ’n Footballnews foto-uitstallingaan. Dit sal die eerste keer wees dat Namibiese sokkergeskiedenis deur middel van ’n foto-uitstalling uitgebeeld word. Al die foto’s wat deel van die projek is, is in 1999 en 2009 deur Mathew Haikali afgeneem. Die projek sluit onder meer die uitstalling, paneelbesprekings en boekbekendstellings in. Dit vind by Namibië se Nasionale Argiewe in Eugene Maraisstraat plaas. Toegang is gratis. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir meer inligting.
»Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie