Kalender 13 April
Nou aan die gang
» Die wildlewe-kunsuitstalling Kajamoja is die eerste gesamentlike uistalling van wildlewe-kunstenaars en kinders met die tema “What we learn to love, we learn to respect”. Hierdie uitstalling is tans by die Village Opera House in Windhoek te sien. Alle werke wat uitgestal word, sal te koop wees, en 50% van die opbrengste hiervan is ten bate van die Kayamoja ArtConnects-trust. Vir meer inligting, besoek Kayamoja se webtuiste.
» Vir die agtste agtereenvolgende jaar sal die Vereniging van Diplomatieke Gaste in Namibië (ADS) môre hul opemark vir liefdadigheid aanbied. Die ambassades en diplomatieke sendings in Namibië, wat beskou word as 'n smeltkroes van uiteenlopende kulture, bied uitstekende kulinêre spesialiteite, unieke kuns en kunsvlyt-aandenkings uit hul lande, saam met kunstenaars uit die Noorde, Suide, Ooste en Weste aan. Kom smul aan Portugese spesialiteite saam met Maleisiese kos, Kubaanse mojitos en luister na Franse sangers – alles by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Die opbrengs van vanjaar se byeenkoms gaan na liefdadigheidsorganisasies wat jong vroue en die bemagtiging van vroue in Namibië ondersteun. Toegang is gratis en die mark open om 10:00.
» Jaarliks bied Oranjemund se dorpsraad ’n groot gemeenskapsdag aan. OMD 2030 organiseer hierdie jaar se gemeenskapsdag met speletjies, aktiwiteite, lekker kos en musiek vir elkeen in die gesin. Die geleentheid vind môre op die rugbyveld plaas. Toegang is gratis en dit begin om 08:30.
Maandag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied tans die Master Mind-uitstallings aan. Master Mind is ’n innoverende karton- en linoleum-drukwerk-uitstalling deur Lok Kandjengo. Kandjengo put inspirasie vir sy drukwerk uit sy omgewing, kultuur en sy herkoms. In die uitstalling vier die kunstenaar fasette van sy kultuur, lewenservaring en die Namibiese landskap. Elke kunswerk bied ’n unieke drukstyl en kleurgebruik wat die kunstenaar oor die jare bemeester het. Die uitstalling duur tot 19 Mei en toegang is gratis.
Dinsdag
» Met jare se ervaring in die kunswêreld open Pieter Basson vandag sy sewende solo-uitstalling by die FNCC. Die titel, Divine Intervention, kom van die feit dat Pieter enigiets skilder wat vir hom goddelik is, sê hy. Die bekende Lize Ehlers sal tydens die opening een van haar liedjies sing. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Die uitstalling kan tot 26 April daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek word.
» Sluit vanaand om 18:00 by die StArt Art-galery aan vir die opening van Tondi, 'n uitstalling deur Gerdis Stadtherr. Stadtherr het tydens haar loopbaan ’n aantal solo-uitstallings gehad en hierdie uitstalling dui ook op die bekendstelling van 'n omvattende katalogus, wat 'n groot deel van haar loopbaan dek. Tondi verwys na die Renaissance-term wat gebruik word om kunswerke te beskryf met 'n ronde of sirkelvormige samestelling. Deur die inspirasie uit haar tuin en die natuurlike omgewing te put, weerspieël Stadtherr se keuse van 'n sirkelvormige samestelling die sikliese aard van haar omgewing. Besoek www.whatsonnamibia.com vir meer inligting.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die NAGN bied Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ’n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se werke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.
Donderdag
» Die jong, opkomede kunstenaar Rozanne Visagie stel haar passie vir kuns deur haar nuwe uitstalling DIVERCITY ten toon. Dit is van vandag af tot 9 Mei by die FNCC se restaurant te sien. Rozanne se werk bestaan uit die kombinering van verskillende mediums en hoe dit met mekaar reageer. Sy maak gebruik van penne, potlode, waterverf en pastelle. Belangstellendes kan uitsien na ’n verskeidenheid werke. Toegang is gratis en die kinders is welkom. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting.
» New Beginnings is 'n uitstalling van studente van die Kollege van die Kunste (Cota). Vanjaar se uitstalling is die negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.
» Die NAGN bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ’n afgebakende fisieke en konspetuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie