Kalender 13 Oktober
Nou aan die gang
» Die eerste Namibian Coloured Gemstone and Jewellery Showcase vind vandag by die Safari Court-hotel plaas. Hierdie uitstalling sal die waarde en voordele van Namibiese edelstene vir die land se ekonomie bespreek. Van ons land se mooiste edelstene gaan ten toon gestel word en verskeie seminare word aangebied om die publiek oor die mededingendheid van hierdie bedryf in te lig. Toegang is N$50, maar indien jy een van die produkte by die uitstalling koop, kry jy die toegangsfooi terug. Die skou is van 09:00 tot 20:00 oop. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibia.com.
» Vandeesmaand bied die Omba-galery 'n leefstyluitstalling aan wat 'n versameling bykomstighede, juweliersware en kunswerke van Namibiese kunstenaars en entrepreneurs ten toon stel. Elsie Imhof (Fimbi Designs), Karen Kehrmann (Ikhoba), Katia Reviglio (Katia's Creations), Leon Engelbrecht (Unleashed Design) en Christine van Zyl (Christo's Jewellery) is van die kunstenaars op uitstalling.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die vierde Bank Windhoek-triënnale aan. Ná ’n baie suksesvolle debuut in 2008 het nóg twee in 2011 en 2014 gevolg. Die vierde Bank Windhoek-triënnale is ’n grootskaalse uitstalling. Dit duur tot 28 Oktober.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Barbara Böhlke Art School, in samewerking met die FNCC, bied met trots Free to Fly aan. Hierdie uitstalling bestaan uit die werke van studente aan die Barbara Böhlke Art School.
Meer as 100 kunswerke op doeke van 30 cm x 30 cm met die tema “Free to Fly” is deur dié studente geborg. Die kunstenaars se ouderdomme wissel van ses tot 80. Alle kunswerke is te koop terwyl 10 werke deur bekende kunstenaars opgeveil gaan word. Die opbrengs hiervan gaan aan die Wilderness Therapy-organisasie geskenk word. Belangstellendes kan uistien na ’n groot verskeidenheid kunswerke in verskillende mediums. Barbara Pirron, Cathy McRoberts, Elisia Nghidishange, Fillipus Sheehama, Frieda Lühl, Helen Harris, Hercules Viljoen, Isabel Katjvivi, Ismael Shivute, Mieke Droomer, Nicky Marais en Barbara Böhlke se werke word uitgestal. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 19 Oktober.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
» Die Goethe-Institut bied met die trots The Cost of Wealth aan. Elisia Nghidishange se beeldhou- en drukwerk word uitgestal. Hierdie uitstalling ondersoek die verhouding tussen die strewe na rykdom en die plek van tradisie in 'n kontemporêre en kosmopolitiese samelewing. Nghidishange se beeldhouwerk in klei en papier-mâché, met tradisionele krale uit die noorde van Namibië, beklemtoon die verskil tussen tradisionele en kontemporêre kulture, terwyl die posisie van vroue in die nastrewing van rykdom hiermee gekombineer word. Die uitstalling open vandag om 18:00 en toegang is gratis.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie