Kalender 14 Februarie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Joe’s Beerhouse bied vanaand ‘n Valentynsgeleentheid aan. Komplimentêre sjokolade sal uitgedeel word, en ‘n professionele fotograaf sal jou en jou metgesel se spesiale aand vasvang. Die paartjie wie se foto die meeste likes kry, sal ‘n prys wen. Dit begin om 18:00 en hou aan tot 20:00.

» Bederf jou geliefde vanaand met ‘n Valentynsdag gala-ete by The Royal Kitchen. Dit is ‘n geleentheid om deftig aan te trek en heerlike kos en wyn te geniet, terwyl ‘n jazz-orkes in die agtergrond speel. Individuele kaartjies kan teen N$350 gekoop word, en ‘n kaartjie vir paartjies teen N$1 000. Dit begin om 19:00. Kaartjies is by www.today.com.na en by Airtime City beskikbaar.

» The Wolfshack bied vanmiddag ‘n 3D Tinder-aand aan. Geniet kos en drankies saam met vriende, geliefdes, of met jouself. Jy sal ‘n bandjie by die deur ontvang wat aandui of jy enkellopend, in ‘n verhouding of in ‘n ingewikkelde verhouding is. Gaste kan vanaf 16:30 opdaag. Daar is slegs plek vir 120 mense. Kaartjies kan by die deur gekoop word teen N$30.

» Dis weer tyd vir die Windhoek City Market vanaand, en die keer bied hulle ‘n piekniekstyl-mark en ‘n optrede deur Vaughn Ahrens aan. Dit vind by die Windhoek Buitekluboord plaas en begin om 16:00. Kaartjies is beskikbaar teen N$40 vir volwassenes en N$20 vir kinders en pensioenarisse.

» Suzy Eises tree môreaand by die Kalahari Coffee and Jazz Café op. Alle jazz-liefhebbers word uitgenooi. Kaartjies is teen N$100 beskikbaar, en kan bespreek word via [email protected]. Dit begin om 17:00.

» Môre vind die Toyota Park Off by Monte Carlo in Swakopmund plaas. Dit begin om 14:00, en is slegs vir mense bo die ouderdom van 18 toeganklik. Kaartjies moet aanlyn bespreek word.

» Die Nedbank MTB Challenge vind môre tussen 07:00 en 13:00 plaas. Registrasie kan vandag tussen 16:00 en 18:00 by die Waldorf School gedoen word. Daar is ook ‘n kinderafdeling. Vind meer uit oor inskrywingsfooie by [email protected]. Stuur ‘n e-pos na [email protected] of skakel Wesley Pieters by 081 311 5626 vir meer inligting.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Sluit vanaand aan by Every Nation Dorado se Otjomuise Prayer Walk. Dit begin om 17:30 by die Every Nation Dorado–kerk.

» Die Woermannhaus-galery op Swakopmund bied tans ‘n opwindende kunsuitstalling aan. Beloved land of savannahs bestaan uit ‘n versameling kunswerke, onder meer landskappe, grafiese werke, fotografie en ander allerlei genres. Van die werke wat ten toon gestel word, is te koop. Die uitstalling is tot 19 Februarie oop en die galery kan Maandag tot Vrydag van 10:00 – 12:00 en weer 15:00 tot 17:00 besoek word. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na/events

Dinsdag

» Die Just Breathe Team bied gratis jogaklasse elke Dinsdag in Februarie aan. Klasse is van 17:30 tot 19:00. Al wat jy hoef te doen, is om jou naam op die e-poslys (https://www.justbreathenamibia.com/signup) te plaas. Bring jou eie jogamat saam as jy een het, maar daar sal ook ‘n paar verskaf word. Onthou om water saam te bring! Dit word by The Village Opera House aangebied.

» ‘n Aand van bordspeletjie-pret word by die Tipsy Rabbit Hole vanmiddag aangebied. Jy kan mededingend raak in 30 Seconds, Cards, Uno, Monopoly, Balderdash en vele meer. Dit begin om 17:00.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Eagles Nest bied vandag ‘n wynproesessie aan by The Wine Bar & The Wine Shop. Die geleentheid begin om 18:00 en eindig 21:00.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Café Prestige bied vanmiddag ’n uitgebreide Happy Hour en hul tweede Creative Showcase ter herdenking van hul eerste bestaansjaar aan. Gaste kan vanaf 16:00 opdaag, waar hulle afslag op wyn en versnaperings kan geniet. Die herdenkingspartytjie begin om 19:00. Beso Media bied die kreatiewe vertoning aan.

» Die Future Females-tak op Swakopmund bied ‘n “Money and Networking”-werkwinkel vanaand by die Plaza Hotel aan. Dit begin om 18:00. Mans is ook welkom!

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!