Kalender 15 Februarie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang



» Die Brewer & Butcher by die Strand Hotel op Swakopmund bied môreaand ’n woord-en-wyn-aand aan. Gaan geniet ’n kuier met vriende terwyl gedigte, musiek en stories nuwe lewe kry en opgevoer word. Die geleentheid begin om 18:00 en toegang kos N$80. Vir meer inligting, kontak Michelle by 081 649 6483 of stuur ’n e-pos aan [email protected]

» Die bekende Namibiese liedjieskrywer en sanger Elemotho tree môreaand gratis by Cramer’s Ice Cream in Onafhanklikheidsrylaan op. Roomys, wyn en ’n heerlike atmosfeer is op die agenda vir die aand. Die show begin om 18:00. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com./events

» Die bekroonde Namibies-gebore skrywer Zirk van den Berg kom gesels môreoggend om 10:30 by Book Den in Windhoek oor sy boek Die vertes in, wat in Engels as Parts Unknown gepubliseer is. Die boek speel in Namibië in die voormalige Duitswes-Afrika af, soos ’n Ander mens, ook uit Zirk se pen. Hy het in 2014 ’n kykNET-Rapport-toekenning vir dié misdaadroman ontvang.



» Die Youth Orchestras of Namibia (YONA) tree Sondag om 11:00 by die NG Kerk se Eros-gemeente in Windhoek onder leiding van Walter-Michael Volhardt op. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Dinsdag

» Die Namibia Scientific Society nooi u vriendelik uit na die bekendstelling van Peter Bridgeford se boek Bewaringspioniers in Namibië, en verhale deur Game Ranger van 19:30 tot 21:00. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die bekroonde Namibies-gebore skrywer Zirk van den Berg kom gesels vanaand om 18:00 by Swakopmunder Buchhandlung op Swakopmund oor sy boek Die vertes in.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!