Kalender 15 November

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Ephemera, ‘n groepuitstalling wat vandag by die Goethe-instituut open, handel oor vroue en hul liggaam. Die uitstalling bestaan hoofsaaklik uit vier video-installasies deur kunsteraars Bupe Chiwala, Neige Moongo en Julia Hango (JuliArt). Die materiaal beeld die verhouding tussen vroue en hul liggaam uit, asook geslagsrolle en hoe die liggaam as ‘n voorwerp beskou word. Die liggaam bestaan ??binne 'n komplekse konteks van waarhede, mitologieë, moraliteit en sosiale verhoudings - 'n konteks waarin die liggaam nie aan die persoon behoort nie. Aan die ander kant het 'n individu die reg om oor sy of haar liggaam te waak. Tydens die opening sal ook twee dansitems, met dieselfde tema, opgevoer word. Die uitstalling open om 19:00 en duur tot 22 November.

» The Lemon Tree in Liliencronstraat, Windhoek, bied vandag en môre ‘n trou-ekspo aan. Om 'n troue te beplan, kan tydrowend, duur en moeilik wees. The Couch Couture - Wedding Edition vergemaklik dié taak vir verloofde paartjies deur professionele raad te gee vir die beplanning van die groot dag. Belangstellendes kan uitsien na verskeie uitstallers wat sal help met verskeie aspekte: Die wittebrood of vakansies, fotograwe, troubeplanners, trourokke, koeke en venues. Daar is vir die mans vermaak in die vorm van ‘n biertuin. Die ekspo begin vandag om 12:00 en môre om 09:00. Kaartjies is by www.today.com.na/events beskikbaar. Vir meer inligting besoek The Couch Couture se Facebook-blad.

» Jy word hartlik uitgenooi na die Sportklub Windhoek (SKW) se Frühschoppen wat môre gehou word. Skop die 2020 Karneval-seisoen op die regte noot af, met die onthulling van ‘n nuwe leuse vir die Windhoek Karneval 2020. Daar gaan musiek, kouegoues en kos beskikbaar wees. Die lekkerte begin 11:11. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien.

Dinsdag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!