Kalender 15 September
Nou aan die gang
» Inspirasie Tafels se hekke maak vandag amptelik oop. ’n Magdom optredes, uitstallers, toesprake en regstreekse demonstrasies wag by Windhoek se skougronde. Die twee dae lange program is geskik vir mense van alle ouderdomme. Hierdie is ’n geleentheid wat nie misgeloop mag word nie. Meer inligting oor die program is op bl.5 te sien. Kaartjies is by www.today.com.na/events beskikbaar.
» Juanita & Franja du Plessis sowel as Ruan Josh is vanaand by Windhoek Hoërskool. Dié gebore Namibiërs is by die huis vir ’n vertoning wat bestaan uit hul grootste treffers. Die vertoning begin om 18:30.
» Oktoberfees vind môre by Rossmund-klubhuis op Swakopmund plaas. Die fees begin 12:00 en die program is propvol lekkertes. Vir elke betaalde buffet kry feesgangers geskenkbewyse vir die minigholfbaan wat later vanjaar sal oopmaak. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan [email protected]
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die vierde Bank Windhoek-triënnale aan. Na ’n baie suksesvolle debuut in 2008 het nóg twee in 2011 en 2014 gevolg. Die vierde Bank Windhoek-triënnale is ’n grootskaalse uitstalling. Dit duur tot 28 Oktober.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Die Goethe-Institut, in samewerking met Hildegard Titus, bied met trots die solo-uitstalling In Conflict, deur Jekonia Ndakola, aan. Hierdie uitstalling gaan oor kontemporêre politieke kwessies en wrywing op die Afrikakontinent. Deur die gebruik van blikkies is dit baie meer as herwinning wat uitgebeeld word. Die kunstenaar vra die gehoor wat die verbruikerskultuur hulle kos.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die professionele fotograaf Lukas Amakali se uitstalling, Double Exposure, is tans by die FNCC te sien. Hierdie fotografiese uitstallling beoog om die publiek meer oor analoë fotografie te leer. Besoek die FNCC se webtuiste vir meer inligting.
» Skemerklekies met Riaan Smit kan vanaand by The Loft geniet word. Smit, ’n gebore Namibiër, is bekend vir sy sielvolle musiek en lirieke wat die hartsnare roer. Gaan bietjie vroeër en bestel die pizza special tussen 16:00 en 18:00. Kaartjies kos N$50 en die vertoning begin om 18:30. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se webtuiste.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
» Reënboog van emosies, ’n kunsuitstalling deur Jakobina Gideon, open vandag by die FNCC. Die werke wat uitgestal word, is meestal portrette oor menslike emosies. Dit is Jakobina se eerste solo-uitstalling. Besoek die FNCC se webtuiste vir meer inligting.
» Dan Patlansky bring sy nuwe solo- akoestiese toer na Namibië. Dit beloof om ’n aand van pragtige klanke te wees. Die vertoning begin 20:00 en vind by die Warehouse-teater plaas. Kaartjies kos N$140 op www.eventstoday.com.na of N$180 by die deur.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie