Kalender 16 Junie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Kalahari Encounters – Namibian Tales is vanaand en môreaand by die Warehouse-teater te sien. Namibian Tales is ‘n akoestiese kwartet wat deur Shishani en Sjahin in 2015 in Amsterdam bymekaargesit is. In Junie toer hierdie groep na die Kahalari om musiek met vier van die oudste oumagrootjies van die Ju/'Hoansi San-mense te maak. Die musiek wat gemaak word, kan by die Warehouse-teater gehoor word. Die doel is om tradisie deur middel van musiek nuwe lewe te gee. Musikante soos Shishani Vranckx, Bence Huszar, Debby Korfmacher, Sjahin During en Afron Nyambali sal op die verhoog te sien wees. Kaartjies hiervoor is by www.eventstoday.com.na beskikbaar.

» Jennifer Zamudio is tans op haar Namibiese toer en sal môreaand by die Benguela-hengelklub optree. Kaartjies is by die Benguela-hengelklub beskikbaar. Die show begin om 18:00 en is geskik vir kinders.

» Namibiërs kan uitsien na twee topkunstenaars, Elvis se Seun en JAY, op een aand! Beleef hul energieke show, wat voete laat jeuk en lywe laat skud, môreaand by Windhoek Hoërskool . Elvis het miskien die gebou verlaat, maar die legende leef voort in Elvis se Seun. Kaartjies vir die show beloop N$120 en is beskikbaar by www.eventstoday.com.na.

Maandag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginners en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.

» ’n Uitstalling deur Peter Heinrich open vandag by die FNCC. Heinrich deel vir die eerste keer sy talent met die publiek. Hierdie uitstalling bestaan uit swart-en-wit tonele van Namibiese tradisies wat op bord geverf word. Sy werk bestaan uit hoogs ingewikkelde lyne en vorms. Vir meer inligting oor Heinrich se eerste solo-uitstalling, besoek die FNCC se webtuiste. Die uitstalling duur tot 22 Junie.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

Donderdag



» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Vrydag

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!