Kalender 16 Maart

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» As deel van die Future Africa Visions in Time (FAVT)-projek bied die Goethe-Institut ‘n fotografie-uitstalling deur Hildegard Titus aan. Hierdie uitstalling verken kultuurpraktyke soos haarstyle voor, gedurende en ná die koloniale era, en hoe Namibiërs dié stereotipes oorgedra het terwyl hulle baie min van hul kulture weet. Die uitstalling is reeds by die Goethe-Institut te sien en duur tot 23 Maart. Vir meer inligting, besoek die Goethe-Institut se webtuiste.

» Die Franko-Namibiese kultuursentrum (FNCC) bied vanaand Art Battle aan. Hierdie kompetsie behels leë skilderdoeke, 20 minute en verskeie kunstenaars. Indien jy nie ‘n skilder is nie, kan jy steeds die Art Battle bywoon en dalk met ’n wenskildery huis toe te gaan. Die skilderye wat die gehoor as die beste kunswerke vir die aand aanwys, sal ná die tyd opgeveil word. Kaartjies is by die FNCC en die deure te koop. Die deure open om 20:00 en die kompetisie hou tot 22:30 aan. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

Dinsdag

» Akkedis tree vanaand om 20:00 by die Warehouse-teater op en ja, hulle is hier vir net een optrede. Dus moet jy seker maak jy kry jou kaartjies. Kaartjies kan by www.eventstoday.com.na, die PayToday-toep, Airtime City-kiosks of by die Warehouse-teater teen N$150 gekoop word. Vooraf kaartjieverkope sluit op 20 Maart om 16:00. Enige oorblywende kaartjies sal by die deur teen N$180 verkoop word. Besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad vir meer inligting.



» In die uitstalling The World is her Universe beeld Candice Salkunga haar idees oor vertroue uit deur middel van 'n reeks portrette. Hierdie uitstalling word deur die FNCC aangebied. Salkunga verken verskillende persepsies van skoonheid, vertroue en perfeksie in ’n wêreld wat hierdie konsepte gestandardiseer het. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 5 April.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die FNCC-restaurant te sien is. As 'n lyfskilder, surrealistiese kunstenaar en 'n student van die lewe probeer Sunya haar idees oor haar lewe deur haar kunswerke uitdruk. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Toegang is gratis.



Woensdag

» Die Project Room bied met trots hul volgende uitstalling, NURTURE, aan. Die wenner van twee agtereenvolgende PAN-biënnale in die beeldhoukuns-afdeling het sy eerste solo-uitstalling aangepak. NURTURE, die eerste solo-uitstalling deur Mitchell M. Gatsi (Tafy Tang Arts), bestaan uit 32 unieke handgemaakte keramiekbeelde. Mitchell se beeldhouwerk beeld die daaglikse uitdagings en suksesse van enkelma’s uit. Die uitstalling open vandag en sal tot 24 Maart oop wees.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.

Donderdag

» New Beginnings is 'n uitstalling wat uit die studente van die Kollege van die Kunste (Cota) se kunswerke bestaan. Hierdie jaar se uitstalling is die negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.

» Die NAGN bied met trots ‘n groepuitstalling getiteld BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om grense binne ‘n afgebakende fisieke en konspetuele ruimte uit te daag. Kunstenaars het ‘n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer