Kalender 16 November

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van die NAGN te sien is. Die uitstalling weerspieël die uitkoms, toewyding en kreatiewe produkte wat deur die studente dwarsdeur die akademiese jaar geproduseer is. Gaan kyk wat die jong kunstenaars van ons land besig is om te vermag. Die uitstalling kan tot 19 Januarie 2019 besoek word.

» Kelly Atud, Lucy Hopwood, Marizelle Bezuidenhout, Thyra Eyssenlinck en Bennet Krappman, leerders van Windhoek International School bied met trots die The Red Dot Jazz-konsert aan. Die konsert is ten doel om fondse vir die The Power Pad Girls in te samel. Die Power Pad Girls is ‘n organisasie wat herbruikbare santitêredoekies vir dames vervaardig. Kunstenaars soos Ashwyn Mberi, Antonio, Chantell, Fiddy the Rapper en Skrypt sal tydens die konsert op die verhoog te sien wees. Kaartjies kan by die deure teen N$100 gekoop word. Vir meer inligting kontak 081 786 7902

» Toeris-Toeris van waar kom jy? Sokkies, selfie-stokke en die potensiële afwesigheid van 'n tan kan weg gee dat iemand van elders kom. Maar hoe gemaak met die verskillende kulture van die wêreld en met die verskillende wêrelde binne in jou eie kultuur? Vermy, baklei of leer ken dit wat minder bekend is? Is normaal als waaraan "ek" gewoond is? Kom lag saam wanneer daar geskerts, gesing en geterg word oor die mooiste mooi wat soms skuil in die middel van die grootste verskil. Mariette Loubser is 'n komediant, sangeres en aktrise vanaf die Boland wat tans in Johannesburg gebaseer is. Met 'n uitverkoopte debuutvertoning van haar eerste Stand-Up comedy Wanneer Trou Jy? by die US Woordfees is sy een van min vroulike komediante in die relatief jong Afrikaanse Stand-Up comedy-mark. Met 'n agtergrond van kabaret, TV-aanbieding en radiowerk het sy ook voltyds met jeug en blomme en dekor vir troues en funksies gewerk. Tans is sy voltyds op die planke met haar eenmanvertonings wat tot nou toe die voorreg gehad het om in meer as 20 dorpe in Suid-Afrika sowel as in Londen, Amsterdam, Utrecht, Dublin en Windhoek te wys. Toeris-Toeris is môreaand by die Warehouse-teater te sien. Kaartjies is by die deur te koop en die show begin om 20:00.

» Die wenner van die Kaapse Fringe Fresh Performer-toekenning en die Kaapse Fringe Fresh Creative-toekenning, Billy Langa, is vanaand in Tswalo op die Warehouse-teater se verhoog te sien. Tswalo behels gedigte wat deur middel van stem en beweging aan die gehoor oorgedra word, en temas soos chaos en skoonheid, bloed en geboorte, en liefde en oorlog aanspreek. Kaartjies is by die deur beskikbaar en die show begin om 19:00.

» Kanaal 7 word 25 jaar oud en bied ‘n galadinee by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) aan. Gaan geniet 'n driegang-ete in die geselskap van ons gaskunstenaars - Jannie Moolman en Kevin Leo. Skakel Kanaal 7 by 061 420 850 vir meer inligting of om jou kaartjies vir hierdie glansgeleentheid te koop.

» Die bekende sangduo BLEND tree vanaand om 19:00 by The Wolfshack in Windhoek op. BLEND is gewild vir hul akoestiese weergawes van bekende en verskeie oorspronklike liedjies. Die duo het ook onlangs hul vollengte album, In Transit, vrygestel, wat tydens die show te koop sal wees. Vir meer inligting oor BLEND of Wolfshack, besoek hul onderskeie Facebook-blaaie.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Twee jong Namibiese kunstenaars werk saam aan 'n multimedia-uitstalling, wat die dubbelsinnigheid van monumente in ’n koloniale Windhoek ondersoek en politieke kompleksiteite aanspreek. MA NDILI is tans by die Goethe-Institut te sien. Die uitstalling duur tot 30 November.

Dinsdag

» ‘n Uitstalling deur Jacqui Jansen van Vuuren, getiteld Depth, word tans by die Project Room aangebied. Met die ontwikkeling van haar spesiale tegniek het Jacqui probeer om die moontlikheid te ondersoek om visuele diepte met keramiekwerk te skep wat in ‘n elektroniese oond gebak is. Depth is tot 24 November by die Project Room, in Jennerstraat, Windhoek-Wes te sien.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!