Kalender 17 Mei

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek en bly gewild onder musiekliefhebbers. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Toegang beloop N$50 per persoon en die show begin om 18:00. Vir meer inligting, besoek The Warehouse-teater se Facebook-blad.

» ?Windhoek se DBV-vlooimark is môre terug op aanvraag. Dit is ’n lekker manier om van al jou ou goed ontslae te raak en om winskopies uit te snuffel. Die vlooimark vind om 09:00 by die DBV in Robert Mugabeweg plaas. Vir meer inligting, kontak (061) 238 654.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) nooi alle kunsliefhebbers uit om vanaand die solo-uitstalling Metaphor, deur die Namibiese beeldende kunstenaar Alfeus Mvula, te besoek. “Mvula se kuns word deur sy persoonlike lewe en vroeë ervarings in Namibië beïnvloed,” sê dr. Meredith Palumbo in die inleiding vir sy katalogus genaamd Identity. Sy voer verder aan: “Die onderwerp van sy kuns verwys na sy landelike wortels en sluit uitbeeldings van beeste, tradisionele voorwerpe, Afrikarokke en die landskappe van die Noorde in.” Die uitstalling het ’n kragtige metafoor vir Namibiërs geword. Mvula sê: “Die kop is deel van die liggaam; die kop is iemand in beheer van ’n groep; kop is die plek van ons verstand en verstandelike vermoëns”. Metaphor is tot 22 Junie by die NAGN te sien.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag



» Is geld die onderwerp waaroor jy die minste wil gesels? Veral in vandag se knypende ekonomiese toestande? Of dalk is dit jou gunstelingonderwerp? Hoe dit ook al sy, elke suksesvolle besigheid is afhanklik van een ding: geld. Hoe meer geld jy insit, hoe meer gaan jy uitkry, reg? As hierdie onderwerp jou interesseer, gaan gesels vanaand saam oor finansiële kwessies by Lemon Tree-restaurant. Verskeie sprekers sal hul raad deel en jou help om ’n suksevolle besigheid op die been te kry. Die sessie is van 18:00 tot 20:30. Toegang is gratis. Besoek whatsonnamibia.com.na vir verdere inligting.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!