Kalender 17 November

Nou aan die gang

» Wynand en Cheree tree vanaand by die West Nest Lodge op Gobabis op. Dansvloer en kontantkroeg beskikbaar. Die vertoning begin om 20:00 en hou tot 23:00 aan. Vir meer inligting en kaartjies, kontak (062) 570 343 of [email protected]. Kaartjies is teen N$120 per persoon beskikbaar. Verblyf is by West Nest Lodge beskikbaar.

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

»Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots Textiles and Textures aan. Dié uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke van die Namibia Arts Association en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is belangrik ten opsigte van hul tekstiel- en tekstuurgebruik. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin saans om 18:00 en duur tot 5 Mei volgende jaar.

»Petrus Amuthenu se uitstalling ter ere van die Oshiwambo-kultuur, My Heritage, word in die FNCC-galery vertoon. Die uitstalling begin om 08:00 en hou aan tot 13:00. Toegang is gratis.

» Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Being Here is ’n groepuitstalling wat die werke van Fillipus Sheehama, Barbara Böhlke, Nashilongweshipwe Mushaandja, Lynette Diergaardt, Ismael Shivute en Elisia Nghidishange ten toon stel. Beeldhouwerke, skilderye, tekstiele, optredes en gemengde media vorm deel van die uitstalling. Being Here bestaan uit kunswerke wat op hul eie manier die kompleksiteit van identiteitsverkenning uitbeeld. Die uitstalling open 18:00 vandag by die StArt @ The Wolfshack. Toegang is gratis.

» Die Desert Painters bied met trots A Year Full Of Life by die Woermanhaus-galery op Swakopmund aan. Die uitstalling duur tot 24 November.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Elke jaar hou die Project Room ’n groepuitstalling met ’n gedeelde tema. Die tema vir 2017 is Roots & Wings. Dit bestaan uit juwele, keramiek, fotografie, beeldhouwerk, skilderye, asook regstreekse optredes en die voorlees van gedigte. Sowat 29 kunstenaars is deel van hierdie merkwaardige uitstalling wat tot 25 November besoek kan word. Vir meer inligting, kontak Frieda Luhl by [email protected] of 081 751 3026.

» Woensdae is vir wynproe. Kom geniet ‘n “blinde” wynproe-aand by The Wolfshack. Spasie is beperk, so bespreek vooraf by [email protected] teen N$60 per persoon. Die geleentheid begin om 18:00 en hou aan tot 21:00.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Dit is weer tyd vir die Universiteit van Namibië (Unam) se jaarlikse visuele kunsuitstalling. Hierdie uitstalling bestaan uit die werk van derdejaar- en vierdejaar- diplomastudente wat kursusse in bemarking, keramiek, mode, museumstudies en tekstiel voltooi. Hierdie is ‘n geleentheid vir kunsliefhebbers om die werk van die jong talent wat Namibië bied, te besigtig. Meesterstukke kan by die FNCC-galery tot 7 Desember bewonder word. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer