Kalender 18 Augustus

Lloyd Zandberg
?» The Project Room bied met trots die uitstalling Carved:An exhibition of sculptures deur Kudzanai Katerere aan. Dié Zimbabwiese beeldhouer se werk word deur die berge en woude uit sy kindertyd geïnspireer. Sy werk word die beste beskryf as eteries en geestelik. Dit bring elemente van die hemele en kragte van die natuur byeen. Die uitstalling duur van 12 tot 26 Augustus. Vir meer inligting, kontak Eliza by 061 302 261 of stuur 'n e-pos aan [email protected].

?» Vanaand vind 'n Happy art Hour by Namibië se Nasionale Kunsgalery plaas. As jy dit bywoon, kan jy 'n pragtige keramiekstel wen. Demonstrasies sal ook deur die deelnemers aan die agtste Nasionale Keramiek-biënnale gelewer word. Dit beloof om 'n aand van musiek, wyn en kuns te wees. Deure open om 17:00. Kaartjies is by die deur beskikbaar en kos N$20. Vir meer inligting, besoek die Nasionale Kunsgalery se webtuiste.

?» Die FNCC bied vanaand om 18:00 weer 'n Paint and Wine-aand aan. Jou innerlike kreatiwiteit en verbeelding sal in 'n prettige, interaktiewe omgewing vonkel. Plek is beperk. Belangstellendes kan 'n e-pos aan [email protected] stuur. Toegang is N$250 en sluit skilderbenodigdhede en twee glase wyn in.





?» Die Nasionale Kunsgalery bied met trots die solo-uitstalling, Brothers in Arms, deur Silke Behens, aan. Die uitstalling gaan oor die effek wat oorlog op die mens het – liggaamlik en geestelik. Die uitstalling duur tot 25 Augustus. Toegang is gratis.

?» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.







?

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Ware­house-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.

?» Kersfees in Julie is 'n uitstalling wat deur die Lacheiner-familie en Ikhobs saamgestel is. Tradisionele kuns, Kersfeesdekor, speelgoed en geskenke vanuit Namibië en buurlande sal by die Omba-galery ten toon gestel word.







?

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 'n openbare tromslaansessie in die boma by Joe's aan. Almal is welkom. 'n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.







?» Die Jazz Etcetera-geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.





?



» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - 'n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!