Kalender 19 Oktober

Karin Eloff
Nou aan die gang

» Die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) se hotelskool bied vandag en môre ’n mark aan. Die mark behels 'n vlooimark, wynproe, tromslaansessies en vermaak wat musiek, dans en teater insluit. Hekke open om 08:00 en toegang is gratis. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan [email protected] of [email protected].

» Kat & Wolf tree vanaand by die Tannery net buite Windhoek, op die Elisenheim-pad, op. Herleef die 60's en 70's met Chris Chameleon en Daniella Deysel, wat Kat en Wolf is, se unieke weergawe van goue treffers. Die paartjie sal ook ‘n paar oorspronklike liedjies sing. Kaartjies kan aanlyn by PayToday teen N$180 of by die deur teen N$200 gekoop word. Kat en Wolf skop om 18:00 af.

» Die Omba-galery het tans ‘n opwipwinkel wat leer, keramiek en grafiese kuns aanbied. Dalk is dit ‘n goeie idee om sommer nou al jou Kersinkopies te doen. Dit bied ook die geleentheid om drie plaaslike ontwerpers se werk in een ruimte te bewonder. Die drie kunstenaars het uiteenlopende agtergronde en word deur hul liefde vir die natuur verenig. Hulle is Elsie Imhof (Fimbi-leerwerk), Annabel Venter (keramiek) en Lisa Voigts (grafiese kuns). Die winkel kan daagliks van 09:00 tot 17:30 besoek word. Toegang is gratis.

» Jennifer Zamudio kuier vandeesmaand in Namibië met haar nuwe CD Goud is my Woorde. Met treffers soos “Hart se loper”, “Hoor Hoor”, “Walvisbaai”, “Die lewe is ‘n liedjie”, “Ek sal berge klim vir jou”, “Hart en Siel”, “Sê dit harder” en “Ongelooflik”, wat vir haar ’n Ghoema-toekenning losgeslaan het, is haar show gesinsvriendelik en laat die voete jeuk. Jennifer tree vanaand om 20:00 by Wanderers in Windhoek op. Die show dien as fondsinsameling vir die Kankervereniging van Namibië (CAN). Kaartjies is by die deur teen N$250 per persoon beskikbaar.

» Windhoek se Dierebeskermingsvereniging (DBV) bied môre ‘n fondsinsamelings-vlooimark aan. Het jy goed waarvan jy ontslae wil raak? Neem dit eenvoudig vlooimark toe. Die mark is van 09:00 tot 13:00 oop. Vir meer inligting, kontak (061) 238-654.

» Die Dome op Swakopmund sal die bekroonde Suid-Afrikaanse fliek Stroomop môre op die vierde verdieping van hul konferensiesentrum vertoon. Deure maak om 19:00 oop en toegang is N$70 per persoon. Kaartjies is by die Dome beskikbaar. Daar sal ook kos- en drankstalletjies wees.

» Die Bioler Room by die Warehouse-teater bied môre ‘n reggae-aand aan. Ou, bekende én nuwe treffers sal gespeel word. Toegang is gratis en die deure maak 20:00 oop.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of tussen 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.

Dinsdag

» Just Imagine Investment en Township Productions bied vir die eerste keer ’n Footballnews-foto-uitstalling in Namibië aan. Dit sal die eerste keer wees dat Namibiese sokkergeskiedenis deur middel van ’n foto-uitstalling uitgebeeld word. Al die foto’s wat deel van die projek is, is tussen 1999 en 2009 deur Mathew Haikali afgeneem. Die projek sluit onder meer die uitstalling, paneelbesprekings en boekbekendstellings in. Dit vind by Namibië se Nasionale Argiewe in Eugene Maraisstraat plaas. Toegang is gratis. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir meer inligting.

»Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Marcel Oudejans, die “Sleight of Mouth”-komedie-kulkunstenaar, tree by die Warehouse-teater op. Die produksie word deur Magic Africa Productions (van Suid-Afrika) aangebied. Oudejans het al by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunstefees, Kaapstad se Fringe-fees en Magic Club opgetree en is baie gewild. Kaartjies is by die deur teen N$150 beskikbaar en die show begin om 18:30. Vir meer inligting, besoek die Warehouse se webtuiste of Facebook-blad.



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» Human & Rousseau en Windhoek Book Den nooi jou uit na die bekendstelling van Deon Meyer se nuutste boek, Prooi, by St Paul’s College in Windhoek. Marianne Zappen-Thompson sal in gesprek met die gevierde skrywer wees. Kaartjies kos N$50 per persoon en sluit wyn en ligte verversings in. Dit kan by [email protected] of (061) 239-976 bespreek word. Een gelukkige leser kan twee kaartjies na dié skaars geleentheid wen. Om in aanmerking hiervoor te kom, laat weet ons teen Maandag 22 Oktober by [email protected] wat die titel van Deon Meyer se jongste roman is.



Die Jazz Etcetera-aande by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!