Kalender 20 April

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied verskeie poppekaskonserte aan. The Dilemma of Manie Ant is vanaand en môre op die planke. Manie Ant wil die kolonie se nuwe koningin wees, maar hy het 'n probleem - hy kan nie eiers lê nie. Die poppekas is vandag om 09:00 en môre om 12:00 te sien. Môre is Koning Karel Skilpad op die verhoog. Karel wil so graag anders wees. Hy hou nie daarvan om soos die ander skilpaaie in die modder rond te rol nie. Kom luister hoe Karel Skilpad se dop verander van ’n gladde een tot een vol blokkies. Dis ’n interaktiewe poppekas oor hoekom ’n skilpad se dop vandag lyk soos dit lyk. Kaartjies is by Computicket beskikbaar en dit begin om 09:00. Vir meer inligting, besoek die NTN se webtuiste.

» Die Kalahari-sanger en liedjieskrywer Elemotho bring sy nuwe produksie vanaand na die Warehouse-teater. Elemotho en sy band, Modern Nomads, sal die gees van die voorvaders aanspoor met sy melodieë en ritmes voordat hy die pad aanpak vir sy internasionale toer na onder meer Hifa (Zimbabwe), Womad (Spanje) en Afro-Pingsten (Switserland). Sy musiek bied ’n oorsig van die tradisionele Setswana-klanke wat hom beïnvloed het. Die Zimbabwiese kunstenaar Tatenda doen die voorvertoning. Kaartjies kan by PayToday/Airtime City-kiosks of aanlyn by www.eventstoday.com.na gekoop word en die show begin om 20:00. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

Maandag

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied tans die Master Mind-uitstallings aan. Master Mind is ’n innoverende karton- en linoleum-drukwerk-uitstalling deur Lok Kandjengo. Kandjengo put inspirasie vir sy drukwerk uit sy omgewing, kultuur en sy herkoms. In die uitstalling vier die kunstenaar fasette van sy kultuur, lewenservaring en die Namibiese landskap. Elke kunswerk het ’n drukstyl en kleurgebruik wat die kunstenaar oor die jare bemeester het. Die uitstalling duur tot 19 Mei en toegang is gratis.

» Wired is ’n multi-media kunsinstallasie wat uit handgemaakte cyborgs bestaan en wat deur middel van kunsmatige intelligensie op mense kan reageer. Hierdie installasies is deur Erik Schnack en Madryn Cosburn geskep en is ’n manier om hul besorgdheid uit te spreek oor hoe tegnologie die mensdom oorneem. Die uitstalling word deur die StArt Art-galery gefasiliteer, maar vind by die PC Center-gebou plaas. Die kunsinstallasie open vanaand om 18:00 en ’n praatjie oor kuns sal in Frans aangebied word.



Dinsdag

» Met jare se ervaring in die kunswêreld open Pieter Basson vandag sy sewende solo-uitstalling by die FNCC. Die titel, Divine Intervention, spruit uit die feit dat Pieter enigiets skilder wat vir hom goddelik is, sê hy. Die bekende Lize Ehlers sal tydens die opening een van haar liedjies sing. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Die uitstalling kan tot 26 April daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek word.

» Die StArt Art-galery bied met trots die uitstalling Tondi deur Gerdis Stadtherr aan. Stadtherr het tydens haar loopbaan ’n aantal solo-uitstallings gehad en hierdie uitstalling dui ook op die bekendstelling van 'n omvattende katalogus, wat 'n groot deel van haar loopbaan dek. Tondi verwys na die Renaissance-term wat gebruik word om kunswerke te beskryf met 'n ronde of sirkelvormige samestelling. Deur inspirasie uit haar tuin en die natuurlike omgewing te put, weerspieël Stadtherr se keuse van 'n sirkelvormige samestelling die sikliese aard van haar omgewing. Besoek www.whatsonnamibia.com vir meer inligting.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die NAGN bied Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ’n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se werke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.

Donderdag

» Die jong, opkomede kunstenaar Rozanne Visagie stel haar passie vir kuns deur haar nuwe uitstalling DIVERCITY ten toon. Dit is van vandag af tot 9 Mei by die FNCC se restaurant te sien. Rozanne se werk bestaan uit die kombinering van verskillende mediums en hoe dit met mekaar reageer. Sy maak gebruik van penne, potlode, waterverf en pastelle. Belangstellendes kan uitsien na ’n verskeidenheid werke. Toegang is gratis en die kinders is welkom. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting.



» Die FNCC bied SillyWits aan – eg Namibiese komedie met Lavinia Kapewasha en Zindri Swartz. SillyWits is geïnspireer deur die Britse/Amerikaanse show Whose Line is it Anyway?. Benewens die gebruik van voorafbepaalde kategorieë vir elke ronde word die teks tydens die show deur improvisasie geskep. Namibië het nog nie vantevore so ’n show gesien nie! Kaartjies is by die FNCC te koop en kos N$50 vooraf en N$70 by die deur.

» Die wildlewe-kunsuitstalling Kayamoja is die eerste gesamentlike uitstalling van wildlewe-kunstenaars en kinders met die tema “What we learn to love, we learn to respect”. Hierdie uitstalling is tans by die Fine Art-galery op Swakopmund te sien. Alle werke wat uitgestal word, sal te koop wees, en 50% van die opbrengste hiervan is ten bate van die Kayamoja ArtConnects-trust. Vir meer inligting, besoek Kayamoja se webtuiste.

» Die NAGN bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ’n afgebakende fisieke en konspetuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!