Kalender 20 September
Nou aan die gang
» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars van alle landstreke hul werk ten toon stel. Daar sal ook onder meer verskeie kos- en modestalletjies wees. Kaartjies kos N$50 en kan by die hekke gekoop word. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com./events
» Dis weer tyd vir die bekende musiekparade wat deel vorm van Erfenisweek. Die parade vind vandag op Swakopmund plaas en die wegspringpunt is by die museum. Die parade word as afsluitingseremonie van Erfenisweek beskou. Kulturele dans- en sanggroepe sal deur Swakopmund marsjeer om hul talent ten toon te stel. Die publiek is welkom om deel te neem, maar word versoek om in tradisionele drag op te daag. Die parade vertrek om 13:00.
» Die tweede weergawe van die gewilde treinavontuur Family Express is hier. Die avontuur begin môre om 09:00 en vertrek van die hoofstasie in Windhoek. Die skilderagtige roete per trein maak ‘n draai by Okapuka Ranch, waar middagete bedien sal word en heerlike vermaak vir die hele gesin wag. In die namiddag vertrek die Family Express weer terug na Windhoek. Hierdie geleentheid lok jaarliks hordes mense. Moet dus nie langer wag nie en koop die kaartjies, beskikbaar by EventsToday of PayToday.
*********************
» Disruption in Time is ‘n uitstalling van visuele kunswerke wat deur meer as een kunstenaar vervaardig is, maar nie tegelyk of in dieselfde ruimte nie. Die uistalling is tans aan die gang by die Goethe-instituut. Die uitstalling is deur Jaimee-Lee Diergaardt gekoördineer en ondersoek die tema en konsep van hoe herinneringe ‘n persoon se kuns en persoonlike identiteit beïnvloed. Die uistalling kan vandag nog besoek word. Toegang is gratis.
» ‘n Fotografie-uitstalling getiteld Sister Tribe deur die bekende, plaaslike fotograaaf Karin Retief is tans by Woermannhaus-galery op Swakopmund te sien. Met haar aangrypende werk neem Retief jou op ‘n reis wat handel oor die vroue van Afrika, volgens haar die ruggraat van die vasteland. Die uitstalling is nog vandag, môre en Sondag te sien en die toegang is gratis.
» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale is nog net vandag te sien. Bank Windhoek het die geleentheid, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika, ruim geborg. PAN bied vanjaar kontantpryse in ’n verskeidenheid kategorieë aan. Dit sluit onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar in. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.org of stuur ’n e-pos na [email protected]
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is ’n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Maandag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
Dinsdag
» Die Helen O'Grady Dramaskool bied van vandag af ‘n dramakursus vir volwassenes aan. Die kursus sal fokus op openbare toesprake en kommunikasie in die werksplek. Die vaardighede wat in hierdie klasse aangeleer word, sal volwassenes help om uitstekende sprekers te word. Klasse duur een uur per week en kos N$1 550 per termyn (3 maande). Besoek Helen O'Grady se Facebook-blad of webtuiste vir meer inligting.
» Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bied vanaand ‘n praatjie aan oor die toekoms van water in die Okavangoriver. Die gesprek sal deur Piet Heyns en die Konrad Adenauer-stigting gelei word. Dit begin om 19:30 by die vereniging se hoofgebou in Windhoek.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie