Kalender 21 Februarie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Raak ontslae van die week se stres en word deel van dié ritme. Vyf van Namibië se beste Techno, Tech house en trance DJ's speel vanaand by die ou Warehouse-teater. Die deure maak 20:00 oop.

» Vir alle krieketaanhangers: Namspire bied vanaand hul Night Cricket Bash aan. Dit vind by die Trustco United-rugbyveld vanaf 17:30 tot 20:30 plaas.

» Die Canvas Club in Windhoek bied môre ‘n macramé-werkwinkel aan. Dié rare kuns behels die knoop van tou of gare tot sierlike kantwerkpatrone. Dit vind vanaf 12:00 tot 15:00 plaas. Besoek https://www.canvas.club/windhoek vir meer inligting.

» ‘n Ribbraai-kompetisie word môre by Vintage Bar & Grill aangebied. Die eerste 10 spanne wat inskryf kan deelneem. Die span betaal N$400 per rib vir inskrywing. Die wenspan sal wegstap met N$2 000, tweede plek met N$1 000 en beste spangees ook met N$1 000. Bring jou eie braaitoerusting en gazebo saam. Daar sal musiekgroepe optree en ‘n springkasteel vir die kinders wees. WhatsApp Koos by 081 233 5651 om in te skryf.

» Indien jy lus is om ‘n oefensessie in te werk, bied die Klein Windhoek Squash Club oormôre muurbal-aksie aan. Dit vind tussen 10:30 en 13:00 plaas. Almal is welkom, ook dié wat nie lede van die klub is nie. Inskrywings is gratis.

» Wanderers-sportklub bied oormôre ‘n Ultimate Frisbee-toernooi aan vir diegene wat aan die klub behoort. Die toernooi word elke Sondag aangebied en vind vanaf 15:00 tot 17:00 plaas.

» Besoek die Beloved land of savannahs-kunsuitstalling by die Woermannhaus-galery op Swakopmund. Die kunswerke wissel van landskappe, grafiese werke, fotografie en ander genres. Van die werke wat ten toon gestel word, is te koop. Die galery kan tussen 10:00 en 17:00 besoek word. Die uitstalling eindig op 23 Februarie.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Kalahari Coffee & Jazz Café bied vanaand ‘n akoestiese vertoning deur Namib Yaantu aan. Die optrede begin om 20:00 en toegang is N$50.

Dinsdag

» Die Just Breathe Team bied in Februarie gratis meditasieklasse elke Dinsdagaand aan. Klasse is vanaf 17:30 tot 19:00. Al wat jy hoef te doen, is om jou naam op die e-poslys te plaas (https://www.justbreathenamibia.com/signup). Bring jou eie jogamat saam as jy een het, maar daar sal ook ‘n paar verskaf word. Onthou om water saam te bring! Dit word by The Village Opera House aangebied.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Nikhita Winkler Dance Theatre bied vanaand ‘n African heels-dansklas aan. Hakskoene is opsioneel. Almal is welkom en toegang is N$50. Die klas begin om 19:30 en hou aan tot 21:00. WhatsApp +264 81 275 5820 vir meer inligting.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Sluit vandag aan by die maandelikse Simonis Storm City Run. Daar is ‘n 5 km-, sowel as ‘n 2,5 km-drafroete. Bring jou familie en vriende saam om in die pret te deel.

» Die Just Breathe Team bied in Februarie gratis jogaklasse elke Donderdagaand aan. Klasse is vanaf 17:30 tot 19:00. Al wat jy hoef te doen, is om jou naam op die e-poslys te plaas (https://www.justbreathenamibia.com/signup). Bring jou eie jogamat saam as jy een het, maar daar sal ook ‘n paar verskaf word. Onthou om water saam te bring! Dit word by The Village Opera House aangebied.

» Susan Nel Photography, in samewerking met SPES Charity, bied die HOPE fotografie-uitstalling by die Am Weinberg Boutique Hotel in die Muskadel-konferensiesaal aan. Dit begin vandag om 18:00 en eindig op 29 Februarie.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!