Kalender 21 September
Nou aan die gang
» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié geleentheid moontlik te maak. Vanjaar se tema is "Turuganeni Kumwe", wat beteken "Laat ons saamwerk" in Rukwangali. As deel van die vieringe word ’n kosmarkie en Lusata-fees aangebied. Geniet geregte van oraloor Namibië. Kaartjies vir die geleentheid beloop N$300 per tafel. Besoek whatsonnamibia.com.na/events of [email protected] vir meer inligting.
» Magic Open House is 'n geleentheid vir alle nuwelinge om meer te leer oor die grootste kaartruilspel in die wêreld. Magic the Gathering betower spelers oraloor die wêreld al dekades lank en lok steeds nuwe spelers met die ingewikkelde spel. Sluit môre by Imagine Games aan vir pret en speletjies by ons nuwe venue by die Wolfshack, en word deel van die grootste gemeenskap ter wêreld.
» Die jaarlikse Afrikadag vir Kortverhale is terug en word vanjaar onder die tema "Hotel Africa" gehou. As gevolg van die geweldige aanvraag sal aansoeke vir die Creative Flow Workshop ’n bedrag van N$50 beloop, wat voor die werkwinkel by die Goethe-Institut Namibia betaal moet word. Die werkwinkel vind môre by die Goethe-Institut van 08:00 tot 15:00 plaas.
» Rocky Horror Picture Show, Evita, Les Miserables en Chicago! Dis maar net ’n paar van die ikoniese Broadway-shows met liedjies wat in die dramatiese huldeblyk, Shades of Broadway, verskyn. Dit sal môre by die Warehouse-teater te sien wees. Hierdie viering van die groot Broadway-treffers is geskik vir gehore van alle ouderdomme. Kaartjies kos N$150 vooraf en N$180 by die deur.
» Die Radio Kalahari Orkes tree oormôre (Sondag) om 20:00 by Desert Tavern op Swakopmund op. Kaartjies kos N$120 by die deur, of bel vir Natascha by (064) 404 204 vir meer besonderhede. Sitplek is beperk.
» Maerua Mall bied môre die Glitz & Glamour-ekpso aan. Ontmoet geleentheidskoördineerders, fotograwe, spyseniers, dekorontwerpers, grimeerkunstenaars en meer om jou perfekte dag te beplan, hetsy dit jou troue, matriekafskeid of enige ander glansryke geleentheid is. Besoek ons modeskou voor Mr. Price tussen 11:00 en 13:00 en laat die nuutste tendense jou inspireer.
» » Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
Dinsdag
» Speel-Speel Slim-werkwinkels is vandag in Windhoek. Dié werkwinkels is deur die ontwikkelingskundige en stigter van BabyGym, dr. Melodie de Jager, ontwikkel om die gaping tussen die babajare en die meer formele voorskoolse jare te oorbrug. Die werkwinkels volg die bloudruk van haar nuutste boek Speel-Speel Slim (Geboorte tot 3). Werkwinkel 1 vind op 25 September van 14:00 tot 17:00 plaas en werkwinkel 2 vind op 26 September van 14:00 tot 17:00 plaas. Die doel van die werkwinkels is ’n gids aan jou bekend te stel wat die belangrikste mylpale tydens die eerste 36 maande uitlig. Besoek [email protected] vir meer inligting.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Kom geniet ’n aand onder die sterre saam met John-Henry Opperman en Dawie De Jager van Klopjag. Bring die gesin en vriende vir 'n piekniek-atmosfeer met heerlike kos en drankies by The Taste Academy, Chapmanstraat 2, Klein Windhoek. Kaartjies is by Events Today beskikbaar teen N$150 en die konsert skop om 16:30 af.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie