Kalender 22 Februarie
Nou aan die gang
» Vir slegs twee aande sluit die sanger Slickartie by die alombekende Mashura-band aan. Dié nuwe groep gee jou goeie rede om die hele nag lank te dans. Hulle tree vanaand en môreaand in die Bioler Room by die Warehouse-teater op. Toegang is gratis en die show begin om 21:00. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Maak ’n draai by die Penduka-kapanafees. Geniet 'n middag by Penduka, naby die Goreangabdam. ’n Verskeidenheid drankies en topklas kapana sal beskikbaar wees. Vat jou familie en vriende en geniet 'n luilekker Saterdag langs die water in goeie geselskap. Daar sal ook ’n springkasteel vir die jongspan wees. Die fees begin môre om 13:00 en eindig 19:00. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com/events.
» Sluit oormôre by die eerste Lagoon Park-familiemark vir die jaar aan. Geniet die somergees en -vermaak met jou hele gesin. Die mark se hekke maak om 09:00 oop. Onthou jou piekniekkombers en sonskerm. Toegang is gratis. Daar sal kos- en ander stalletjies wees.
» Die maandelikse Sondagmark by die Groen Sentrum op Swakopmund skop weer oormôre af. Besoek die mark tussen 9:00 en 13:00 by Libertina Amathilastraat 5 op Swakopmund. Die ingang is oorkant A La Mer-gastehuis en langs die Snake Park. Die mark word as een van die lekkerste geleenthede op die vermaakkalender beskou. Die heerlikste kos waaraan jy kan smul, handgemaakte goedere, kuns, ’n paar tweedehandse items en vlooimarkstalletjies met lekkernye vir oud en jonk is by die mark beskikbaar. Vir stalletjiebesprekings en inligting, kontak Bea by 081 69 29 072.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
Dinsdag
» Die Namibia Scientific Society bied vanaand van 19:30 tot 21:00 ’n bespreking oor kuberkrakers, getiteld “Die reis van die kuberkraker”, aan. Die praatjie word deur Andrew Fordred aangebied. Die gesprek sal oor e-pos-veiligheid, wagwoorde en so meer gaan.
Indien jy meer oor veiligheid in die kuberruim wil weet, is hierdie bespreking vir jou. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die Namibia Scientific Society se webtuiste.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die bekende Namibiese musikant Jackson Wahengo tree vanaand by die Bioler Room by die Warehouse-teater in Windhoek op. Gaan luister na sy oorspronklike Afrika-klanke en -lirieke. Die show begin om 21:00 en toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events.
Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie