Kalender 23 Augustus
Nou aan die gang
» Lotus Zen Den bied vandag ’n mindfulness-werkwinkel vir tieners aan. Die idee is om hul hanteringsvaardighede in die vinnige wêreld waarin hulle leef ’n hupstoot te gee. Stres en angs is woorde wat vandag se tieners té goed ken. By die werkwinkel sal tieners gewys word hoe om mindfulness-oefeninge doen, wat darem ook groot pret sal wees. Ander aktiwiteite sluit in asemhalingsoefeninge, kreatiwiteitsoefeninge, beweging en ontspanning. Die sessie begin 13:00 en eindig 16:00. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events.
» DJ Siya, Tate Buti, Shanky Briz, Peterson Zagaza en DJ Vuyo tree more om 20:00 by Chez Ntemba in die hoofstad op. Die tema is Zambezi-nagte. Kaartjies kos N$50 per persoon en is by die deur beskikbaar.
» In samewerking met die Goethe-Institut Namibia nooi Namibia Book Fair 2019 kinders van agt jaar en ouer na ’n opwindende, gratis werkwinkel oor hoe om ’n boek binne ’n uur te maak. Deelnemers sal meer leer oor die formulering van ’n verhaal, gepaste illustrasies en die samestelling van ’n boek. Belangstellendes kan hul besonderhede aan [email protected] stuur.
» Dis weer tyd vir die jaarlikse KinoNamibia-fliekfees. KinoNamibia is ’n navorsingsprojek van Namibië se filmkommissie, waartydens internasionale fliekmakers hul idees deel. KinoNamibia is ’n platform vir regisseurs, akteurs, kameraoperateurs, redakteurs, klankontwerpers, musici, draaiboekskrywers en almal in die fliekbedryf. Die fees is deel van KinoKabaret, ’n internasionale beweging, en is in 2017 vir die eerste keer in Namibië gehou. Die hoofdoel van die fees is om talent in die mediabedryf byeen te bring om binne 48 uur kort, plaaslike stories te lewer. Die fees is drie dae lank en alle kortflieks word op die laaste dag by die Goethe-Institut se ouditorium aan die publiek vertoon. Vir meer inligting, besoek die Goethe-Institut se webtuiste en Facebook-blad.
» Farm Windhoek Fitness bied oormôre verskeie staptogte en wedlope in en om Windhoek aan. Beleef die Khomas Hochland-staproete op die plase Düsternbrook, Otjiseva en Monte Christo. Deelnemers kan die Giraffe-roete (30 km), die Zebra-roete (18 km) of die Hippo-roete (7 km) aandurf. Vir meer inligting, besoek Farm Windhoek Fitness se Facebook-blad.
» Die Goethe-Institut bied vanaand ’n dansvertoning aan. Dance Sport Namibia het ’n hand vol dansers gekies om Namibië tydens die Global Dance Supreme Finals in Suid-Afrika te verteenwoordig. Die geleentheid is om fondse vir die Namibiese span dansers in te samel. Kaartjies kos N$60 en die show begin om 19:00. Besoek die Goethe-Institut se webtuiste vir meer inligting
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale is tans oop en sal tot 20 September duur. Bank Windhoek het die geleentheid, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika, ruim geborg. PAN bied vanjaar kontantpryse in ’n verskeidenheid kategorieë aan. Dit sluit onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar in. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.org of stuur ’n e-pos na [email protected]
» Showcase Namibia is ’n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie