Kalender 24 Augustus
Nou aan die gang
» Aandag, alle Land Rover-eienaars: Die tweede Land Rover-fees skop vandag by Brandberg-ruskamp af. Hierdie drie dae lange fees lok Land Rover-eienaars na die klein juweeldorpie Uis. Verskeie aktiwiteite en heelwat vermaak word vir die fees beplan. Daar’s iets vir almal in die gesin. Besoek whatsonnamibia.com/events vir meer inligting.
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
» Die Komisch Elektroniese Grand Voyage-reeks bied vanaand weer ’n stylvolle musiekaand by Nyama-restaurant aan. Word deel van die pret wanneer dié bekende restaurant vir een dag in ’n nagklub omskep word. Bring jou dansskoene en kom geniet Namibië se passievolste platejoggies. Toegang is N$50 en musiek begin om 21:00 speel.
» Suzy Eises tree môreaand saam met mede-Namibiërs by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) op. Haar show is ’n huldeblyk aan Afrika se jazz-legende Hugh Masekela. Die show is ’n musikale reis van Masekela se lewe. Kunstenaars uit Suid-Afrika, Dan Shout en Vaugh Fransch, sal ook te sien wees. Kaartjies kos N$300 en is by die deur beskikbaar. Die show begin om 20:00. Vir meer inligting, besoek die NTN se webtuiste.
» Die Suider-Afrikaanse Kunsberaad (ASSA) is tans in Windhoek aan die gang. Dié vier dae lange beraad word deur Namibië se Nasionale Kunsraad (NACN) aangebied en bring 150 plaaslike en internasionale afgevaardigdes uit die kunswêreld byeen. Toegang is gratis. Die beraad het ten doel om die toekoms van skeppendheid in Suider-Afrika te bespreek en word by die Windhoek Buitekluboord aangebied. Vandag is die laaste dag van die beraad en lede van die publiek word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon. Besoek hul webtuiste vir meer inligting.
» Set the tone: Break the ice is ’n mark vir musiek- en kosliefhebbers. Die mark word môre by die Ou Brouery-kompleks aangebied en bied vermaak vir die hele gesin. Beleef die heerlikste kos en drank, regstreekse musiek en ander pret. Let wel: Geen drank mag by die perseel ingebring word nie, maar ’n kontantkroeg is beskibaar. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.
» Dis weer tyd vir die maandelikse Sondagmark by die Groen Sentrum op Swakopmund – ’n lewendige gemeenskaps- en gesinsmark wat op elke laaste Sondag van die maand plaasvind. Dit is die perfekte buitelug-geleentheid. Kuns, handgemaakte geskenke, ’n paar tweedehandse items, kos, ligte drankies en lekkernye vir jonk en oud is beskikbaar. Besoek die mark môre tussen 9:00 en 13:00 by Libertina Amathilastraat 5 op Swakopmund. Die ingang is oorkant A La Mer -gastehuis en langs die Snake Park.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Project Room bied Conversation with a Stranger deur Martina Basson en Marcii Goosen aan, en open vanaand om 18:00. Hierdie uitstalling bestaan uit skilderye, illustrasies en afdrukke. Albei kunstenaars werk (hoofsaaklik) in swart en wit. Martina se werk behels fyn sketse, en Marcii se skilderye is abstrakte stellings. Tog is daar ’n verband tussen die twee se werke. Die uitstalling duur tot 25 Augustus.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us deur Isabel Tueumuna Katjavivi aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 September en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
» Comedy Circle bied elke laaste Woensdag van die maand om 19:30 vir 20:00 stand up-komedie by die Hilton se Kalabar aan. Komedie-aanhangers kan uitsien na die beste plaaslike komedie. Dié Woensdag tree Fernando Tafish, wat as die beste Pan-Afrikaanse komediant by die onlangse Savannah Comics Choice-toekennings in Johannesburg aangewys is, op, asook Erich Nepembe. Toegang is gratis.
Donderdag
» Die opwinding oor Inspirasie Tafels 2018 is groot en vanaand skop die eerste verrigtinge van hierdie leefstyl-ekspo by die Windhoek Skougronde af. Inspirasie Tafels se revue-aand is ’n hoogtepunt van die ekspo. Toegang is N$250 per persoon en sluit vingerhappies, drankies en ’n regstreekse vertoning deur die Suid-Afrikaanse musiekgroep Goodluck in. Dit is ’n geleentheid om nie mis te loop nie. Kaartjies vir die revue-aand en die ekspo is by webtickets.com.na beskikbaar.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie