Kalender 25 Mei
Nou aan die gang
» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan. Dit duur slegs hierdie week. Vir meer inligting, besoek die Omba-galery se Facebook-blad.
» Windhoek se Buitekluboord en Kasino (WCCR) stel die Beatz and Eatz Starlight-musiekfees bekend. Die fees vind môre plaas en bekendes soos Almero Welgemoed, Deon Meiring en Bouwer Bosch sal onder Namibië se pragtige hemelruim optree. Kaartjies is by die deur teen N$250 vir volwassenes en N$150 vir mense onder 16 beskikbaar. Dit begin om 17:00.
» Die Woermannhaus-galery op Swakopmund bied Swakop Kaleidoskoop aan. Hierdie uitstalling bied ’n kleurvolle blik op die kusdorp en is tot 30 Junie oop.
» COSDEF Arts & Crafts bied Saterdag ’n kuierfees aan. Die fees het elke keer 'n ander tema en bied heelwat kinderaktiwiteite, stalletjies en ander vermaak. Daar sal ’n wynproe, vars gebakte brood, tuisgemaakte lekkergoed, warm pannekoeke en regstreekse musiek wees. Dit vind môre plaas en die hekke maak 10:00 oop.
» Die Eunic-musiekfees is ’n eerste vir Namibië. Dit vind Saterdag by die Warehouse-teater plaas en Denzel Leroy sal die gasheer wees. Twee plaaslike kunstenaars, KP Illest en Lionness, sal op die verhoog te sien wees. Ander internasionale kunstenaars sluit in Chefboss, ’n Duitse rockgroep, die Portugese hip hop-sanger Valas en die Franse platejoggie DJ Crabbe. Kaartjies is by Events Today teen N$150 of by die deur teen N$200 beskikbaar. Besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad vir meer inligting.
Maandag
» Plaaslike kunstenaar Kevin de Klerk se solo-uitstalling Shades of the Sun is tans by die Muschel, in die Brauhuas Arcade, op Swakopmund te sien. Dit bestaan uit 10 skilderye met ’n landskaptema. Shades of the Sun is tot 27 Mei oop en alle werke is te koop.
Dinsdag
» Sluit by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan vir hul nuutse uitstalling getiteld Wakpon, Le Musée Fait le Mur. Hierdie innoverende projek wat deur die Zinsou Foundation en Gaborone se Alliance Française gehou word, het ten doel om kuns en kultuur toeganklik vir die Afrikavasteland te maak. Die uitstalling stal die werke van 43 Afrika-kunstenaars virtueel uit. Dit open vandag en toegang is gratis.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.
Donderdag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om grense binne ’n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie