Kalender 26 Julie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Dis weer tyd vir die jaarlikse Standard Bank Biltongfees wat vandag en môre by die Trustco Sportsgronde plaasvind. Vanjaar se hoogtepunte met wat vermaaklikheid betref, is optredes deur onder meer Demi Lee Moore, Adam Tas, John Rock Prophet, Refentse en Ricus Nel. Die seremoniemeester vir die fees, is ons eie Stefan Ludik. Vandag maak die hekke om 14:00 oop en môreoggend 08:00 begin die feesvieringe weer. Die Biltongfees is een van die bekendste en gewildste feeste in ons land. Gaan maak gerus ’n draai en beleef die heerlike atmosfeer en topklas vermaak. Daar is ’n rede hoekom die Biltongfees se tweede naam die familiefees is - daar is iets vir almal. Van oud tot jonk. Kaartjies kan op Webtickets of by jou naaste Pick n Pay gekoop word. Toegang kos N$ 90 vir volwassenes en N$40 vir kinders.

» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika. Dié twee is op pad Namibië toe vir die bekendstelling van hul album Anthelia en hul session-sitkamermusiek, ’n konsep wat in die loop van twee jaar in hul sitkamer ontwikkel het. Hulle sing ook bekende liedjies van ander kunstenaars wat hulle inspireer. Die groep is gestig toe Lourens en Esté studente aan die Universiteit Stellenbosch was. Hulle het nie net musiek in gemeen gehad nie, maar uiteindelik ook ’n liefdesverhaal wat vandag steeds voortknetter. Die Bottomless Coffee Band tree vanaand en môreaand by die in Swakopmund Hotel op. Kaartjies kos kan by Slowtown, Two Beards Coffee, Cornerstine en Levanis gekoop word of by Deon Blaauw by 081 128 5050.

» Die Big Band tree môreaand om 19:00 onderleiding van Christiane Ast in House de Jugend in Swakopmund op. Die groep gaan ’n verskeidenheid van genotvolle musiekstukke opvoer. Die fokus van die aand sal op Ian Hooks wees, ’n 16-jarige saskofoonspeler met uitsonderlike talent in sy veld. Hy word deur Christiane Ast op die klavier begelei, en die duo gaan hul oorspronklike saskofoonkomposisies opvoer. Die komposisies het ’n sterk Latyns-Amerikaanse invloed en kan onder meer as dansmusiek beskryf word. Onder andere gaan hul 'n Suite latine van Jerome Naulais, Rumba van Maurice Whitney, Cafe 1930 van Astor Piazzolla en Piazzolino van Raymond Alessandrini opvoer. Die musiek is ritmies, tegnies intens en beskik verder oor melodië wat oor ’n kalmerende effek beskik. Daarna gaan die duo aanbeweeg en deel vorm van ‘n Jazz Quartet. In hierdie deel van die vertoning sluit ‘n baskitaar en ’n slag slaginstrumente by hulle aan. Die aand word afgesluit wanneer Big Band bekende treffers soos Tiger Eye, Tequilla en Spain ten toon gaan stel. Die aand.

Die deure van House der Jugend maak om 18:30 oop. Die konsert begin om 19:00 en toegang is N$100.00 per persoon. Vooruitbespreekte kaartjies is nie moontlik nie, maar kontak gerus vir Herbert Schier by Swakopvellis op 064-402633 om jou tafel te bespreek.s

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Wat as die lug groen was, of jy was ’n vrou en ’n man, of jy het vlerke gehad, of jy kon deur jou oë praat of kinders kon reëls maak, en die woestyn kon huil of Windhoek was die poort na Mars? Wat as jy ’n ander werklikheid vir die wêreld kan skep? Hoe sal dit lyk en voel? Vir jou en vir ander? WHAT IF is ’n kunstuitstalling wat Maandag by die Namibian Arts Association Gallery open. Hierdie uitstalling duur tot 12 Augustus en behels ’n spektrum van apokaliptiese en utopiese visioene. Die uitstalling is oop vir mense van alle ouderdomme en agtergronde. Skoolgroepe en studente is welkom. Kontak [email protected] of 081 714 3832 vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» The Project Room bied die solo-uitstlalling Wonderful Women deur Kudzanai Katerere aan. Kudzanai, wat in Zimbabwe gebore is, het op 'n jong ouderdom begin skets en sy talent is gou ontdek. In 2006 was hy onder die toptien jong beeldhouer-finaliste in die African Millennium Foundation-kompetisie. Dis twee jaar sedert Kudzanai se laaste solo-uitstalling by The Project Room. By hierdie uitstalling in 2017 het hy besef dit is hoofsaaklik vroue wat hom in sy loopbaan as kunstenaar ondersteun. Sy nuwe werke beeld dus belangrike vroue in sy lewe uit. "Vroue is wonderlik gemaak, hulle dra kinders, hul liefde is onoorwinbaar, hul haarstyle is wonderlik, hul individuele skoonheid moet erken word. Ek laat klippe hieroor praat.” Die uitstalling begin vandag om 18:00 by The Project Room in Windhoek. Besoek die galery Dinsdae tot Vrydae van 9:00 tot 19:00 en Saterdae van 10:00 tot 19:00



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van maatskaplike en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!