Kalender 26 Oktober
Nou aan die gang
» Puppets of Peersville, ’n dansproduksie deur die H2E-dansmaatskappy, is vanaand en môreaand om 19:00 in Windhoek by die Windhoek Gimnasium Privaat Skool op die planke. Die produksie vra of mens se waarde regtig deur sukses en mislukking bepaal word. Die verhaal volg drie vriende wat op die oppervlak baie verskil, maar meer in gemeen het as wat hulle besef. Die mense op hul dorpie is behep daarmee om sterre en kolle op mekaar te plak om só te wys hoeveel hulle dink elkeen werd is. Só koop hulle tyd om saam met die Poppemeester deur te bring. Spanning bou op soos die poppe vir mekaar kolle en sterre uitdeel. Dan vind ’n onverwagse wending plaas, en een vreemde pop het nóg kol nóg ster op haar. Vind uit wat met die drie vriende, Poppy (Chanel Vermeulen), Penny (Robyn Norval) en Presly (Daniel Kuhlmann), gebeur. Puppets of Peersville is deur Este Swarts (H2E Dance Company-eienaar en hoofafrigter) geskryf en geregisseer en is op die boek You are special deur Max Lucado gebaseer. Kaartjies is teen N$100 per persoon by Talent House beskikbaar. Skakel 081 838 2171 vir meer inligting.
» Die toneelstuk Three Women & You is vanaand om 19:00 op Swakopmund by Laerskool Namib te sien. Dit is ’n aanpassing van die boek met dieselfde titel deur Brenda Daniels en die regie is deur ons eie David Ndjavera behartig. Beleef hoe ou kwessies die moderne vrou beïnvloed. Kaartjies is by die deur beskikbaar.
» Jandjie die komediant en die Windhoek-komedieklub bied die eerste weergawe van die jaarlikse komedie-geleentheid getiteld ComiCon 2018 aan. Jandjie het met ander onkonvensionele komediante saamgespan om hierdie show te laat plaasvind, wat Barry B, Aime Michael en Alex Madjarov op een verhoog kry. ComiCon 2018 is vanaand by die Warehouse-teater te sien en kaartjies is teen N$120 by die deur beskikbaar. Die show begin om 19:00.
» Joe’s Beerhouse bied môreoggend weer hul gewilde vlooimark in die restaurant se parkeerarea aan. Verkopers bied onder meer huishoudelike goedere, kuns, dekor, kleiner meubels en 'n paar kledingstukke teen billike pryse aan. Die vlooimark begin om 07:00. Toegang is gratis.
» Die Tannery-mark is ’n goeie manier om 'n Saterdag met die hele gesin te geniet — honde is ook welkom. Hierdie keer sal dit in die aand gebeur. Geniet 'n Slowtown-koffie, ’n glas uitsoek-wyn of ’n yskoue bier en ’n lekker happie by een van die vele plaaslike kosstalletjies. Van vars plaaseiers en plaaslik gekweekte groente tot lekker organiese vleis en koekies is beskikbaar. Die Tannery-nagmark is gratis en die deure maak om 16:00 oop.
» African Beats vind môreaand by Windhoek se skougronde plaas. Hierdie geleentheid is daarop gemik om die helde van Afrika-musiek te vier. Moenie dié viering misloop nie. Kaartjies is by www.web-tickets.com.na beskikbaar. Geen onder 18’s word toegelaat nie.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
Dinsdag
» Just Imagine Investment and Township Productions bied vir die eerste keer in Namibië ’n Footballnews foto-uitstallingaan. Dit sal die eerste keer wees dat Namibiese sokkergeskiedenis deur middel van ’n foto-uitstalling uitgebeeld word. Al die foto’s wat deel van die projek is, is in 1999 en 2009 deur Mathew Haikali afgeneem. Die projek sluit onder meer die uitstalling, paneelbesprekings en boekbekendstellings in. Dit vind by Namibië se Nasionale Argiewe in Eugene Maraisstraat plaas. Toegang is gratis. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir meer inligting.
»Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Die FNCC vertoon vandag die fliek Vanishing Kings. Uit die ou Namibwoestyn kom ’n ongelooflike ware lewensdrama deur die oë van een woestynleeu. ’n Koalisie van vyf tienerbroers hou die sleutel tot hul toekoms. Gekonfronteer deur baie uitdagings leer die jong leeumannetjies hoe om in die woestyn te oorleef. Die fliek begin om 18:30. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Ashwyn Mberi, bekend vir sy aangrypende teatervertonings en hoë energie-poësie, keer terug na die Warehouse-teater vir nog ’n produksie wat hard slaan. Hy gebruik musiek en poësie om sy reis as gedissiplineerde kunstenaar in Namibië uit te druk. Die gehoor kan 'n hoogs vermaaklike aand met ’n wye reeks optredes van verskillende dissiplines verwag. Die show begin om 20:00 en kaartjies is by die deur teen N$120 beskikbaar.
Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie