Kalender 27 Oktober
Nou aan die gang
» Dit is tyd vir die jaarlikse Oktoberfest in Windhoek en hierdie jaar gaan die fees verryk word deur outentieke Duitse musiek. Die wêreld se coolste Oktoberfest-groep uit München, Die Kirchdorfer, gaan daar wees! Windhoek se Oktoberfest gaan weer eens 'n kulturele viering wees met goeie kos, speletjies en baie pret vir die hele gesin. Die fees skop vandag by die SKW af. Die deure maak om 17:00 oop. Vir meer inligting, besoek:www.whatsonnamibia.com/events.
» Fusion Funk Dance Studio, in samewerking met Le Xi, Slika, Maryke en Fire Fly, bied vanaand Cirque De La Ville by De Kayak in Windhoek aan. Dis ’n produksie wat alle aspekte van kuns en kultuur op een verhoog byeenbring. Kom beleef ’n geleentheid waar alle kunsvorme mekaar omarm. Die vertoning begin om 18:00.
» Die Rap Battle Namibia Volume 2 vind môre by die Warehouse-teater plaas. Hierdie rap-kompetisie word deur ons land se eie KP Illest aangebied. Die kompetisie bestaan uit drie kategorieë naamlik Freestyle, Rap Song en Battle Rap. Dit begin om 19:00. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibie.com/events.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die vierde Bank Windhoek-triënnale aan. Na ’n baie suksesvolle debuut in 2008 het nóg twee in 2011 en 2014 gevolg. Die vierde Bank Windhoek-triënnale is ’n grootskaalse uitstalling. Dit duur tot môre.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
» Iron Lady is ’n uitstalling deur die bekende Namibiese modeonterwerper Chakirra Claasen en vind by die Project Room in Windhoek plaas. Die uitstalling is die resultaat van haar navorsing vir haar meestersgraad en word deur middel van rokke voorgestel. Iron Lady duur tot 4 November en kan daagliks van 09:00 tot 13:00 besoek word.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie