Kalender 28 Julie
Nou aan die gang
» Rian Smit tree vanaand by Desert Tavern op Swakopmund op. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies is by die deur beskikbaar. Geen toegang vir onder 18’s nie en kaartjies beloop N$80. Vir meer inligting, besoek Desert Tavern se Facebook-blad.
» Filosofiegesprek: #Fopnuus is deel van die Windhoek Woordfees se program. Die gesprek sal vanaand by die Maerua Rooftop plaasvind. Van Trump in die VSA tot Guptagate in Suid-Afrika . . . Die verskynsel van #Fopnuus is ’n werklikheid en die impak daarvan ’n nare gedoente. Gasspreker Herman Wasserman, professor in mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad, deel die verhoog met die gesprekleier, prof. André du Pisani, en Dani Booysen, redakteur van Republikein, om ’n dieptegesprek hieroor te voer. Toegang is N$100 en kaartjies is by die deur beskikbaar. Vir meer inligting, besoek die Woordfees se webtusite.
» Skrywers in Gesprek vind môre by die Maerua Rooftop plaas. Hierdie gesprek is ook deel van die Windhoek Woordfees. Die gevierde skrywers Marita van der Vyver (11:00 tot 11:45) en Chanette Paul (10:00 tot 10:45) is deel van die groep woordkunstenaars wat ekstra kleur en woema aan die Skrywersgesprekke gaan verleen. Saam met hulle, en elkeen in eie reg, tree jeugverhaalskrywer Dihanna Taute (09:00 tot 09:45) manuskripontwikkelaar Madri Victor (12:00 tot 12:45) op om hart en siel oor die skryfproses en hul nuutste publikasies om te dop. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees en kos N$150.
» Kom skuif nader vir ’n skaterlagaand om die Storievuur waarin Afrikaans met kostelike stories deur ons land se voorste bekpraters, Dawie Prinsloo, Barend Spies en Mario van Wyk, gevier word. Dit val saam met ’n spesiale huldeblyk aan Namibië se bekende storieman en skrywer, wyle dr. Jan Spies, ter viering van Republikein (waarvan hy die stigtersredakteur was) se 40ste bestaansjaar. Hierdie skaterlagaand vind by die Gondwana Shebeen, by Windhoek se skougronde, plaas en kaartjies kos N$150. Die vertoning begin om 18:00.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
Woensdag
» Kunstenaars van die John Muafangejo-kunssentrum bied met trots die uitstalling, Whose role is it to educate the public about art?, aan. Hierdie uitstalling gaan oor die belangrikheid van kunsopvoeding as dit by die publiek kom. Onder meer is die werke van Wilka Mumangeni, John Kalunda, Tulina Nakashona, Trianus Nakale, Elizabeth Shinana en Uarika Tjiteere te sien. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die FNCC.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie