Kalender 28 Junie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied vanaand Meet me at dawn aan. Dit gaan oor twee vroue wat ná ’n bootongeluk op ’n vreemde plek van verdriet vasgevang word. Gaan kyk wat met hierdie twee karakters gebeur wanneer hulle al die reëls ter wille van oorlewing moet breek. Lara Lyn Ahrens en Roya Diehl vertolk die rolle van hierdie twee vroue, en die bekende Sandy Rudd het die regie behartig. Geen kinders onder 16 toegelaat nie. Kaartjies is teen N$150 aanlyn by today.com.na/events beskikbaar.

» Vandag om 17:00 vind die Happy Art Hour by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) plaas. Gaan geniet ’n aand van kos, drankies en musiek. Lynette Diergaardt gaan om 16:00 ’n praatjie oor haar uitstalling Namibian Identity Through Textiles lewer. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtusite of Facebook-blad.

» Dis weer tyd vir die jaarlikse Windhoek Wine Extravaganza wat vandag afskop en tot Sondag duur. Gaan maak ’n draai by die Windhoek Buitekluboord en Kasino om topklas wyn, jenewers en boetiekbier te proe. Kaartjies kan by enige Pick n Pay gekoop word. Die hekke maak daagliks om 17:00 oop. Vir verdere inligting, besoek whatsonnamibia.com.na.

» Juniemaand se The Gathering is ’n multidissiplinêre show met ’n tema wat deelnemende kunstenaars en die gehoor sal dwing om meer in die kunste en hulself te glo as ooit tevore. Regisseur Ashwyn Mberi het kunstenaars uitgedaag om werk onder die tema “Waarheid en Oorkoming” te skep. The Gathering vind vanaand om 20:00 by die Warehouse-teater plaas. Kaartjies kan teen N$100 by die deur gekoop word.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die kunsvereniging op Swakopmund bied die uitstalling Nature at its best aan. Die vereniging se privaat versameling is deel van die uitstalling, en spesiale, unieke kunswerke word ook vertoon. Nature at its best is by die Woermannhaus-galery te sien en is oop tot 20 Julie 2019. Die galery is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 17:00 oop. Saterdae kan dit van 10:00 tot 12:00 en Sondae van 10:00 tot 12:00 besoek word.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Namibian Identity Through Textiles is ’n solo-uitstalling deur die Namibiese kunstenaar Lynette Diergaardt, wat tans by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) te sien is. Die uitstalling behels ’n versameling afdrukke wat die soeke na ’n Namibiese identiteit uitdruk deur patrone, herhaling, kleur en tekstuur te gebruik. “So lank as wat ek ’n student en kunsonderwyser was, was daar ’n soektog na Namibiese identiteit, veral ná apartheid, en dalk ook weens internasionale invloede,” sê Lynette. Die kunstenaar is die afgelope vier jaar op ’n ontdekkingsreis oor Namibiese identiteit. Namibian Identity Through Textiles is tot 6 Julie oop vir die publiek. Vir ander uitstallings wat by die NAGN plaasvind, besoek hul webtuiste of Facebook-blad.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van maatskaplike en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!